Twee hyskrane, sewe polisiemotors, twee brandweerwaens en 11 mediese personeellede was nodig om Georgia Davis (22), eens op ’n tyd “Brittanje se vetste tiener”, in Cwmaman, Suid-Wallis, uit haar woonstel te kry.
Heavy-duty crane will lift Britain's fattest woman back in to her home http://t.co/GrEnLErtGt pic.twitter.com/iVvWb6hwU7
— Daily Mirror (@DailyMirror) May 4, 2015
Dié massiewe operasie verlede week was nodig omdat Georgia dringend mediese aandag gekort het weens ’n ernstige ontsteking.
Op 381 kg is Georgia so oorgewig, sy kon nie die sowat 20 m vanaf haar voordeur tot by die ambulans loop nie.
Op 381 kg is Georgia so oorgewig, sy kon nie die sowat 20 m vanaf haar voordeur tot by die ambulans loop nie.
Die pad voor haar huis was sewe uur lank gesluit toe die hulp van ’n hyskraan ingespan moes word om die tiener op te hys. Die eerste hyskraan kon nie die gewig hanteer nie, waarna ’n groter een ingebring is.
Gelukkig het Georgia ongedeerd by die hospitaal aangekom waar sy nou vir ’n paar weke behandel gaan word.
“Sy is ook op ’n spesiale dieet,” het ’n vriendin gesê. “Maar sy het al voorheen probeer en geen dieet wil vir Georgia werk nie.”
Bure van die tiener noem Georgia die Takeaway Princess omdat sy sulke groot hoeveelhede pizza, sosaties en McDonalds verorber.
Planne is reeds beraam vir wanneer Georgia, teen ’n koste van sowat R180 000, terug na haar woonstel gebring gaan word sodra sy uit die hospitaal ontslaan word.
Bronne: Daily Mirror; Daily Mail