Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Verbeter jou gesondheid binne net 2 minute

$
0
0

Oefening laat jou nie net skraler lyk en beter voel nie; dit kan ook jou lewe verleng.

In ’n onlangse ondersoek is bevind as jy elke uur twee minute lank stap, veral as jy gewoonlik net sou sit, verminder dit jou risiko om dood te gaan met ’n derde. Moet dus nie die snelspoedknoppie vir reklameflitse op TV druk of ure lank aan jou lessenaar gekluister sit nie. Staan elke 60 minute op en stap ’n bietjie rond.

Dié bevindings is in die Clinical Journal van die American Society of Nephrology gepubliseer. Daar is bevind dat mense wat aan chroniese niersiektes ly, selfs meer baat hierby sal vind. Die studie het tot die slotsom gekom dat die sterfterisiko van laasgenoemde persone 41 persent laer is.

Dit is heilsaam om net ’n bietjie rond te stap of selfs om huiswerk te doen.

Die goeie nuus is dat jy nie twee minute lank hoef rond te hardloop nie. Navorsers aan die Universiteit van Utah het bevind dat, as jy staan in plaas van sit, dit geen verskil maak nie. Dit is heilsaam om net ’n bietjie rond te stap of selfs om huiswerk te doen.

Daar is gebruik gemaak van statistiese tegnieke om die resultate te bepaal
van die uitwerking van ’n “kompromis ” ten opsigte van sit-gedrag vir verskillende vlakke van aktiwiteit.

Data van 3 243 mense wat aan die gesondheidstudie van die VSA se National Health and Nutrition Examination Survey deelgeneem het, is ontleed. Die deelnemers het bewegingsensitiewe toestelle gedra sodat die vlakke van aktiwiteit gemeet kon word.

“Dit was fassinerend om die resultate te sien, want daar word tans oor die algemeen gekonsentreer op matige tot strawwe aktiwiteite. Dit is interessant om te sien dat daar ’n verband is tussen ligte aktiwiteite en laer mortaliteit, ” sê prof. Srinivasan Beddhu, die hoofwetenskaplike.

“Op grond van hierdie resultate, sou ons aanbeveel dat die persoon elke uur ’n bietjie rondstap, benewens gewone aktiwiteite, wat twee en ’n half uur se matige oefening per week insluit.”

Benewens stap, is strawwer oefening nodig om gesond te leef, veral om die hart, spiere en bene te versterk.

“Dit is heilsaam om te oefen, maar eintlik is die praktiese hoeveelheid strawwe oefening wat ’n mens kan doen, beperk. Ons studie doen aan die hand dat selfs klein veranderings ’n groot uitwerking kan hê,” sê dr. Tom Greene, die medeskrywer.

© Cover Media

 

 


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>