Dit is vanaand op die kassie:
17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.
18:00 Mom (M-Net): Die skrywer van The Big Bang Theory is die brein agter die snaakse komedie. House Bunny se Anna Faris vertolk die rol van Christy wat saam met haar ma woon en opsoek is na ’n nuwe loopbaan.
18:30 Villa Rosa (kykNET): Carina raak al hoe meer bekommerd oor haar verbintenis met Liam. Lida daag laat op en Fritz maak sy stem dik, maar ’n laataand-gesprek met Lida haal die wind uit sy seile.
18:30 7de Laan (SABC2): Marko stuur vir Anna ’n bos rose om jammer te sê. Bernard tree vreemd op na ’n terugflits. Paula en Xander vang Brenda by die Hillside Times.
18:30 Masterchef Australia (M-Net): Kyk hoe die sjefs ’n storm los kook in die kombuis om die groot prys te wen.
19:30 Binnelanders (kykNET): Karli land weereens op haar voete, maar Okkie is uit die veld geslaan. ’n Prokureur probeer elke moontlike manier om samewerking af te dwing en ’n verpleegster word baie siek. Daar word rondgevra oor Ivanka.
20:30 Survivor: Philippines (SABC 3): Kyk hoe die deelnemers op ’n afgesonderde bestemming probeer oorleef om die miljoen dollar prysgeld te wen.
20:00 Fiësta (kykNET): Die Stellenbosch Wynfees is vanjaar vir die eerste keer by die legendariese Coetzenburg in Stellenbosch aangebied. Ons proe van die heerlikste wyn en geniet ook heelwat vermaak op die spyskaart.
20:30 SuperRugby (KykNET): Kenners kyk na die jongste ontwikkelinge in die rugby-wêreld. Ateljeegaste neem ook deel aan besprekings en beantwoord kykers se inbelvrae.
21:30 Insig (kykNET): Die redakteur van Rapport, Waldimar Pelser, is aan die stuur van hierdie geselsprogram wat dikwels ’n politieke inslag het. Moenie vanaand die groot debat tussen Dr. Wilmot James en Mmusi Maimane, die twee kandidate vir die volgende DA-leier, mis nie.
21:30 Elementary (M-Net): Lucy Liu speel in dié reeks wat die moderne weergawe van Sherlock Holmes is.
22:00 CSI: Crime Scene Investigation ( SABC 3) : Volg die avonture van hierdie uitmuntede forensiese kenners. Elke week probeer hulle ’n nuwe raaisel oplos.