Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Seun (8) in koma ná baksteen deur motorruit vlieg

$
0
0

’n Agtjarige seun is in ’n geïnduseerde koma nadat ’n baksteen wat deur die passasiersruit van ’n motor gegooi is hom teen die kop getref het.


Die seun is ’n slagoffer van ’n reeks van vier aangemelde voorvalle waar mense met bakstene op die N12 naby The Glen-inkopiesentrum suid van Johannesburg gegooi is sedert verlede Donderdag – dis na bewering die handewerk van dieselfde man, het Netwerk24 Maandag berig.

Justin Slabbert en sy twee kinders, Caden en Eden (11) was Donderdag op pad na hul huis in Benoni nadat hy hulle by die skool in Krugersdorp opgelaai het. Omstreeks 14:30 het ’n man wat op die N12 gestap het ’n baksteen deur Justin se passasiersruit gegooi. Toe hy die geluid hoor, het Justin dadelik gekyk of sy kinders oukei is. Sy dogter, Eden, was ongedeerd, maar hy’t geen reaksie van Caden, wie se kop gebloei het, gekry nie.

Gelukkig het ’n ambulans van Netcare911 op dieselfde pad ten tyde van die voorval gereis. Juan het die ambulans in sy truspieëltjie gesien en van die pad afgetrek om mediese hulp vir sy bewustelose seun te kry.

’n Tweede motoris het kort voor lank by die ambulans opgetrek en ’n soortgelyke voorval gerapporteer. Die bestuurder, Darrell Badenhorst, het vertel sy 42-jarige meisie, Marionette Schwab, is ’n paar meter verder deur ’n baksteen teen die kop getref. Sy was ook bewusteloos en haar kop het ook gebloei.

’n Derde motoris het ook afgetrek nadat ’n baksteen ook deur een van sy ruite gegooi is, maar niemand is beseer nie.

Albei slagoffers is op die toneel behandel en hospitaal toe geneem. Dokters sê hulle was bang dat Caden dit nie sou maak nie, maar hy het ná ’n suksesvolle operasie merkwaardig herstel. Hy sal na verwagting Maandag uit die koma gebring word. ’n Deel van sy skedel is verwyder om verdere breinswelling te voorkom.

Caden en Marionette is albei stabiel en sal vandeesweek breinskanderings ondergaan.

Bron: News24


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>