’n Man van Suid-Florida in die VSA dagvaar ’n hospitaal vir emosionele trauma nadat die hospitaal sy geamputeerde been met sy naamkaartjie daaraan vasgeheg, bloot net in die asdrom gegooi het.
Man sued hospital for emotional trauma after his amputated leg was found in garbage… http://t.co/II0xEEGGiu pic.twitter.com/jFDh75RC7e
— Emirates 24|7 (@Emirates247) May 4, 2015
John Timiriasieff, 56, se regterbeen is net onder die knie geamputeer by die Doctors Hospital in Coral Gables in Oktober verlede jaar. Volgens wet moet hospitale ledemate veras na amputasie.
Volgens wet moet hospitale ledemate veras na amputasie.
’n Maand na die amputasie is John en sy familie deur die polisie gekontak om te hoor of hy ’n slagoffer was van die misdaad. Vullisrapers het die been op die ashoop gevind en dadelik die polisie in kennis gestel.
Bronne: Reuters, Yahoo News