Sterre met Arthur Bowman
VERJAARDAGVERSLAG:
Daar is goeie sterre vir vooruitgang. Vanjaar beweeg jy vorentoe na ’n gevorderde posisie. Daar is ook goeie sterre vir geldsake en die moontlikheid dat jy aansienlik in loterye of trekkings kan wen.
BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:
Hierdie persone het ’n lewendige verbeelding en waardering vir alle vorme van skoonheid. Hulle is talentvol in een of meer kunsvorms en kan selfs ’n inkomste daaruit genereer. Hulle is eerlik en betroubaar.
BUL (21 Apr.-20 Mei)
Met die sterre wat jy nou het, voel jy waarskynlik aaklig vandat jy vanoggend opgestaan het. Die goeie ding is die gevoel sal vinnig verbygaan en jy sal weer op ál die silinders voortgaan. Dis ’n goeie aand.
TWEELING (21 Mei-21 Jun.)
Die maan is tans in jou hoek vir oorpeinsing en romanse. Jy sal waarskynlik iets van elk geniet – natuurlik nie terselfdertyd nie, maar Tweelinge is bekend daarvoor dat hulle twee dinge gelyk kan doen. Dus kan dit ’n moontlikheid wees.
KREEF (22 Jun.-23 Jul.)
Dis ’n goeie dag vir alledaagse take soos om na jou tuin om te sien en daar te werskaf. Party Krewe sal moet werk omdat hulle moontlik in die gasvryheidsbedryf is en sal dus hul planne vir die tuin moet uitstel.
LEEU (24 Jul.-23 Aug.)
Jy het jou dag tot in die kleinste besonderhede beplan en ons is almal baie beïndruk. Het jy al aan Murphy se Wette gedink? Ek vermoed jy het nie. Teen die middel van die namiddag kan jou lewe nogal gekompliseerd raak.
MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)
Jy wil inkopies doen vir jou huis en dis ’n goeie idee, maar jy moet versigtig wees, want die misleidende Neptunus oorheers in jou horoskoop en jy kan jouself dalk bedrieg.
WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)
Daar is goeie sterre om met nuwe dinge te begin. Jy voel dalk asof jy met niks wil begin nie, maar die omstandighede is reg en jy moet jou bes doen om dit te gebruik. As jy rondkyk om eiendom te koop, wees op die uitkyk vir waterprobleme.
SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)
Dis een van daardie dae wanneer al wat jy wil doen, is om op jou eie weg te gaan sodat jy jou eie geselskap en ’n bietjie afsondering kan geniet. Ongelukkig lyk dit nie asof jy sal kan wegkom nie. Te veel sake sal jou aandag verg.
BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)
Daar is goeie sterre om saam met vriende en kollegas te wees. Gaan uit jou pad om tyd saam met mense deur te bring. Dis belangrik om vriendelik teenoor almal te wees, selfs die mense van wie jy nie juis hou nie. Vanaand lyk belowend.
STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)
Iemand is baie vriendelik teenoor jou. Jou ego en algemene aansien kry ’n hupstoot. Daar is ook goeie sterre om met jou kat of hond te spog. Hulle kan dalk ’n paar pryse inpalm.
WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)
Baie Waterdraers woon ’n vrolike viering by. Dit kan byna enige soort viering wees – van ’n troue tot ’n doop of dalk selfs ’n verlowingsparty. Jy is in die bui vir ’n partytjie – geniet dit dus.
VIS (20 Feb.-20 Mrt.)
Vandag is ’n goeie tyd om die kwaliteit en afslyting van items te kontroleer. Ongelukkig is dit baie waarskynlik dat jy tydens die proses iets sal vind wat binnekort gedoen moet word. Dit is iets wat duur is.
RAM (21 Mrt.-20 Apr.)
Jy is vroeg in die dag onder groot druk wanneer iemand van mening verander oor iets en dit jou en van die mense om jou raak. Jy sal probeer om alles reg te kry, maar jou kanse daarvoor lyk nie goed nie.