’n Vierjarige van die Amerikaanse deelstaat Colorado se pakkie Oreo-koekies is afgeneem en saam met ’n briefie teruggestuur huis toe.
Die Children’s Academy het die briefie gerig aan Natelee Pearson se ma, Leeza Pearson, en versoek dat sy ’n voedsame kosblik pak wat ’n vrug, groente en gesonde peuselhappie insluit. Dit is glo die reël by die skool.
Leeza meen dat die skool dit te ver gevoer het en verduidelik dat Natalee ook ’n toebroodjie en kaas gehad het.
’n Woordvoerder vir die skool het bevestig dat hulle Natalee wel ’n gesonde peuselhappie gegee het.
Bronne: KMGH-TV, Yahoo News