Ná vier seisoene sal Emily Thorne haar soeke na weerwraak moet laat vaar.
Vervaardigers by die netwerk ABC het bevestig dat die vierde seisoen se slotaflewering, wat Sondagaand 10 Mei in die VSA uitgesaai word, die laaste van die reeks sal wees.
Die vervaardigers beloof dat dinge in die finale episode goed afgesluit sal word, maar dat daar ’n steeds ’n tikkie onsekerheid sal wees. Dit het gerugte laat vlamvat dat ’n nuwe reeks van ABC, The Kingmakers, dalk ’n uitvloeisel van Revenge sal wees, maar niks is nog bevestig nie.
Die laaste seisoen van Revenge moet nog op M-Net begin wys.
Bronne: Entertainment Weekly, ABC.com