Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Bejaarde egpaar wil trou kort nadat man 103 word

$
0
0

’n Vrou van 91 en haar 102-jarige verloofde sal die oudste pasgetroudes ter wêreld word wanneer hulle na verwagting in Junie trou.


George Kirby en Doreen Luckie van Eastbourne, Oos-Sussex in die suide van Engeland, gaan ná 27 jaar saam eindelik afhaak nadat hul bejaarde kinders gesê het dis hoog tyd dat hulle ernstig raak.

George en Doreen gaan op 13 Junie in hul woonplek, Langham Hotel, in Eastbourne trou.

“Ek het nie op een knie afgesak nie, want ek het gedink ek sou nie weer kon opstaan nie,” het George gesê.

Doreen was verras toe sy hoor sy en haar aanstaande kan dalk ’n rekord verbeter.

“Ek het nie gedink dit is moontlik nie, want jy hoor deesdae van so baie mense wat tot in hul 90’s leef. Ek het gedink ons kan tog seker nie al wees nie.”
Die twee het mekaar in 1988 ontmoet deur ’n organisasie wat seniors help vriende vind.

George en Doreen gaan op 13 Junie in hul woonplek, Langham Hotel, in Eastbourne trou. Die hotel in Oos-Sussex behoort aan George se seun.

Bronne: metro.co.uk, time.com, abcnews.go.com

 

 


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>