Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Fietsryer dood na kameelperd hom aanval

$
0
0

’n Fietsryer het die naweek in Bela Bela gesterf nadat ’n kameelperd hom na bewering aangeval het.


Kol. Ronel Otto sê gaste by die Thabo Monate Game Lodge het Sondagmiddag op die man se lyk afgekom.

“Hy het alleen gaan fietsry in ’n gebied van die lodge wat bekend is as ’n habitat vir kameelperde,” het sy gesê.

“Hy is na bewering deur ’n kameelperd aangeval of getrap. ’n Geregtelike doodsondersoek is geopen en ’n lykskouing sal later vandag (Dinsdag) uitgevoer word om die oorsaak van dood te bepaal.”

In 2013 het ’n kameelperd twee fietsryers in die Groenkloof-natuurreservaat in Pretoria aangeval.

Die dier het blykbaar een van hul fietse getrap en hulle gejaag voor hy moed opgegee het. Hierdie voorval is op video vasgelê:

Bron: News24


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>