Dis alombekend dat Jack Russells nie sommer vir ’n koue pampoen skrik nie, maar hierdie outjie vat dit nog een stappie verder. Kyk net hoe kou en knibbel hy aan die tier se neus en gesig.
Die aansienlik groter en gevaarliker tier lyk asof hy geensins deur die klein laspos gepla word nie. Hy gebruik net een keer sy poot om hom opsy te stoot.
Maar watwou, Jack Russell se kind laat hom geensins daardeur afskrik nie en speel min gekwel verder met sy groot ‘vriend’.
Kyk hier na die oulike video wat op die aanlyn-platform Reddit, gelaai is.
Bronne: Daily Mail, Reddit, YouTube