Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

O Shucks! Wat jy moet weet van Leon Schuster se nuwe fliek!

$
0
0

Die verfilming van Leon Schuster se jongste komedie is klaar. Aanhangers kan hul eerste blik kry van Schuks! Pay Back The Money!

In Schuks! Pay Back the Money! verloor Schuks per ongeluk rugby se Heilige Graal – die Curriebeker – en dan volg ’n skreeusnaakse reis om te betaal vir wat hy gedoen het.

Schuster het weer saamgewerk met nog ’n komediereus, Desmond Dube, wat in Panic Mechanic (1996) en The Millennium Menace (1999) verskyn het, sowel as Ivan D. Lucas en Gerrit Schoonhoven, wat die knoeiende skurke Bossie en Savage in Shirt ’n Sweet van 1991 gespeel het. Om ’n tikkie glans by te voeg maak die Suid-Afrikaanse Idols-finalis en bekroonde teateraktrise Bianca le Grange haar silwerdoekdebuut.

Saam met die snaakse Curriebeker-avontuur, is daar ook volop van die versteektekamera-grappies waarvoor Leon so bekend is en waarby ’n klomp bekendes betrokke is.

Schuks! Pay Back the Money!, herenig ook die hoogs suksesvolle Schuster-span met die vervaardiger André Scholtz, en regisseur en medeskrywer, Gray Hofmeyr. “Nadat ek die draaiboek gelees het, was daar geen manier dat ek nie betrokke sou word nie. Die intrige is so snaaks, dit sal jou hardop laat lag en ek het geweet dat tesame met die lang lys vars, nuwe versteektekamera-grappies, gaan dit waarlik ’n skreeusnaakse fliek wees,” het André gesê.

André, wat al saam met Leon gewerk het aan rolprente soos You Must Be Joking!, Panic Mechanic, Sweet ‘n Short en Oh Schuks…I’m Gatvol, sê dat Schuster in hierdie film terugkeer na sy wortels as Suid-Afrika se vooraanstaande poetsbakker en grapjas.

Schuks! Pay Back the Money! word op 28 Augustus 2015 in teaters uitgereik en versprei deur The Walt Disney Company Africa onder die Touchstone Pictures-banier.

- Channel24


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>