Wetenskaplikes glo daar is ‘n groot deurbraak gemaak om die oorsprong van asma vas te stel. Asma onder volwassenes raak meer vroue as mans. Dit kan op enige ouderdom ontwikkel – van kindsbeen tot in jou gevorderde jare.
Dié chroniese inflammatoriese siekte affekteer 5,4 miljoen mense in die VK. Dit is gelykstaande aan een in 12 grootmense en een in 11 kinders. Maar wetenskaplikes glo dat hulle die hoofoorsaak van asma opgespoor het. Dit beteken nuwe, effektiewe behandeling kan binne die volgende vyf jaar beskikbaar wees.
In hierdie stadium reageer ongeveer 5% asma-lyers glad nie op beskikbare behandeling, soos inhaleerders nie. Maar noudat die span by Cardiff Universiteit ’n proteïen binne die lugweë gevind het wat hulle glo alle asma-aanvalle aktiveer, kan asmalyers se asemnood binnekort iets van die verlede wees.
Dié chroniese inflammatoriese siekte affekteer 5,4 miljoen mense in die VK.
Merkwaardig genoeg bestaan daar reeds ’n middel wat hulle dink die proteïen kan deaktiveer. Dit gee hulle hoop vir ’n behandeling waarby enige asma-pasiënt sal baatvind. Die wetenskaplikes het reeds die doeltreffendheid van die middel bewys deur muise en menslike weefsel in hul laboratorium daaraan bloot te stel.
Professor Riccardi het die ontdekking gemaak dat ’n proteïen wat die groei van kalsium in bene aktiveer, ook ’n rol in die lugweë speel. Verdere toetse het openbaar dat asmalyers aansienlik-hoër vlakke proteïen as gesonde mense het. Dit word ’n kalsium-sensing reseptor (CaSR) genoem.
“Ons bevindings is ongelooflik opwindend,” het sy gesê. “Vir die eerste keer het ons ’n verband gekry tussen lugweë-inflammasie – wat deur die omgewing geaktiveer kan word soos allergieë, sigaretrook en motorgasse – en lugweë-krapperigheid in allergiese asma.”
Die eerste kliniese proewe is nou ontwerp en kan binne die volgende twee jaar begin.
© Cover Media