Baie geluk aan die voormalige SA-krieketspeler Jonty Rhodes en sy vrou, Melanie Jeanee, wat gister ’n babadogtertjie ryker geword het!
Die kleinding is in die middel van die Indiese Premierliga (IPL) krieketseisoen gebore, en Jonty en Melanie het hul dogter India Jeanne Jonty Rhodes genoem.
@mipaltan good luck tonight from baby Rhodes!! India Jeanne Rhodes born 3:29pm weighing 3.7kg! Mum and baby perfect #ApunKaSuperstars
— Jonty Rhodes (@JontyRhodes8) April 23, 2015
“Die babadogtertjie, wat met ’n natuurlike watergeboorte om 15:29 gebore is, het 3,71 kg geweeg. Die paartjie is oorweldig en in die wolke oor die nuwe toevoeging tot die gesin,” het dr. Bhupendra Avasthi van die Surya Mother and Child Care-hospitaal gesê. The Times of India reports.
Jonty is die Delhi Daredevils se veldwerkafrigter.
Bronne: indiatimes.com, focusnews.com