Hierdie sjokolade-lekkerste laat stilte om die tafel neerdaal – tot die laaste mondvol.
Genoeg vir 4-6
Bereiding: 5 min.
Gaarmaak: 18 min.
125 ml (½ k) melk
250 ml (1 k) room
160 g donker sjokolade, fyn gekap
10 ml (2 t) kakaopoeier
2, 5 ml (½ t) fyn kaneel
3 eiergele
45 ml (3 e) strooisuiker
1 lemoenskil
dik room en lemoenskywe, vir voorsit
Voorverhit die oond tot 150 °C.
- Giet die melk en room in ’n kastrol en bring tot net onder kookpunt.
- Plaas die gekapte sjokolade, kakaopoeier en kaneel in ’n bak, giet die warm roommengsel oor en roer tot gesmelt en glad.
- Klits die eiergele en suiker saam tot goed gemeng en voeg dan die lemoenskil by.
- Klits die warm sjokolademengsel geleidelik in en roer tot glad. Verdeel die mengsel tussen koppies met ’n inhoudsmaat van 80 ml (⅓ k) en sit dit ’n roosterpan.
- Giet genoeg warm water in om tot halfpad teen die kante van die koppies te kom. Bedek dan lossies met foelie en druk gate in die bokant om enige stoom te laat ontsnap. Bak 15 min. of tot net geset.
- Haal uit die waterbad, laat afkoel en verkoel dan 2 uur in die koelkas of tot ferm. Sit voor met dik room en lemoenskywe.
Deur Hope Malau
Foto: Misha Jordaan