Sterre met Arthur Bowman
VERJAARDAGVERSLAG:
Dit sal ’n goeie jaar wees. Liefde en toegeneentheid sal heers. Jy sal suksesvol wees op enige gebied waarop jy iets aanpak, maar die sukses sal ná harde werk kom. Daar is ’n krisis en jy moet beheer neem.
BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:
Hierdie mense het ’n goedige, opgewekte geaardheid. Hulle is ambisieus en vasbeslote om hul doelwitte te bereik. Hulle is rusteloos. Hulle het ’n goeie waarnemingsvermoë en kan situasies gou opsom. Hulle is ondernemend en gaan wetenskaplik te werk.
BUL (21 Apr.-20 Mei)
Daar is goeie sterre vir geldsake en op ’n vreemde manier vir persoonlike besittings ook. Dikwels sal dié sterre iets meebring wat jy regtig wil hê. Jy sal dit maklik kan bekostig.
TWEELING (21 Mei-21 Jun.)
Jy het goeie sterre vir optrede om jou voorkoms te verbeter. As dit nodig is dat jou hare gestileer word, laat dit nou doen. Dis ook ’n goeie tyd om nuwe klere te koop, veral kleurryke items.
KREEF (22 Jun.-23 Jul.)
Dis ’n slegte tyd om geldsake te bespreek of vir mense te sê wat jy vir die volgende maand of wat beplan. Dis nie ’n geval dat iemand jou sal voorspring nie, maar die verrassingselement sal verlore wees. Jy dink weer na oor iets uit die verlede.
LEEU (24 Jul.-23 Aug.)
Dit lyk asof alles om jou in harmonie is. Dit behels vriende en mense van wie jy hou. Jy sal in die bui wees om jouself vrye teuels te gee. Jy maak vriende met ’n sprankelende persoon.
MAAGD (24 Aug.-23 Sept.)
Daar is goeie sterre vir kreatiewe en selfs artistieke werk. Dis jou kans om te wys jy is nie net prakties nie en het ’n goeie verbeelding wat jy graag af en toe gebruik.
WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)
Vandag is daar goeie sterre om mooigoed te kry, veral items wat jy kan gebruik om jou huis te verfraai. Daar is ook goeie sterre om juweliersware te koop of items wat jy voel jou goed sal laat lyk.
SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)
Jy het goeie sterre vir ’n hele paar aspekte. Een is gedeelde geldsake, die ander is die huwelik of ’n intieme verhouding. Dalk is dit tyd om ’n restaurant te besoek vir ’n intieme ete vir twee – met nagereg.
BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)
Vandag is die liefdevolle Venus in jou hoek vir die huwelik en intieme verhoudings. Dis ’n uitstekende posisie vir Venus en bring mee presies wat jy in jou verhoudings verwag. Sorg dus vir ’n romantiese atmosfeer.
STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)
Jy het goeie sterre vir werksake. Jy het nie dikwels die geleentheid om werk te doen wat jy geniet én om aangename geselskap te hê terwyl jy dit doen nie, maar dit lyk of die sterre vandag daarop dui.
WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)
Die liefdesgodin, Venus, is in jou hoek vir die liefde en romanse geaktiveer en weens dié invloed sal jy vandag nie baie werk gedoen kry nie. Dit waarby jy wel uitkom, sal jy doen terwyl jou gedagtes elders plek is.
VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)
Die omstandighede is goed om takies by die huis te verrig, veral take wat vertrekke se gemaklikheid en voorkoms of die meubels en afronding behels. Gee jouself vrye teuels en skep na hartelus.
RAM (21 Mrt.-20 Apr.)
Daar is goeie sterre sodat Ramme hul sosiale en hartlike kant kan wys. Dit is goed, want party mense dink dalk verkeerdelik die Ram is geslote terwyl daar ’n “partytjie-Ram” is wat wag om tot sy reg te kom.