Dit is vanaand op die kassie:
17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.
17:00 Koowee (kykNET): Kykgenot vir die jongspan.
18:30 Villa Rosa (kykNET): Carina fokus so op Liam se rehabilitasie dat sy Marius afskeep. Gerhard trap vir Fritz uit oor almal se houding teenoor Kotie, terwyl die Villa se nuwe bestuurder bekommerd is oor die skinderstories.
18:30 Masterchef Australia (M-Net): Kyk hoe die sjefs ’n storm los kook vir die groot prys.
18:30 7de Laan (SABC2): Bernard vertrou nie vir Willem nie – hy steek iets weg van Herman en Felicity. Iemand kuier vir Paula by die Times.
19:30 Binnelanders (kykNET): ’n Bakkie, versekering en ’n vriendskap jaag verskeie bloeddrukke in die Ferraira-huishouding deur die dag. Nick word voor stok gekry oor Zadie, en Herman is briesend vir Jana. Daleen en Pippa vermy mekaar, en Susanna sê haar laaste sê.
19:30 The Mentalist (SABC3): Volg die storie oor die man wat enige raaiselagtige saak kan ontrafel.
20:00 Megaboere (kykNET): Ons gesels met BP Greyling, 2011 se Boer van die Jaar. Hy boer met sojabone, mielies, groenvoer, gesertifiseerde raaigras, wol, skape en beeste naby Wakkerstroom in Mpumalanga.
20:30 Terug na Egipte (kykNET): Vuil wasgoed word op die preekstoel uitgehang, en Kortjas en Tony het ’n gemeenskaplike vyand. Sanna probeer ’n skuilplek kry vir Woestyn, terwyl Gertjie en Lea vir Hennie openlik bespreek. Tony se kantoor raak ál meer gewild as die hotel se kroeg, en Rooikappie het haar oog op een van die manne op die dorp. Charles oorweeg Dot se voorstel, terwyl Pieter Wolf vassit met ’n lid van die skoner geslag.
20:30 Gotham (M-Net): Die reeks kom uit die pen van die skrywers van die reeks Rome.Volg weekliks die avonture van die speurders Gordon en Bullock.
22:30 Elementary (M-Net): Johnny Lee Miller en Lucy Liu vertolk die rolle van die moderne Sherlock en Watson.