Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

TV-gids Maandag 20 April 2015

$
0
0

Dit is vanaand op die kassie:

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

18:00 Mom (M-Net): Die skrywer van The Big Bang Theory is die brein agter die snaakse komedie. House Bunny se Anna Faris vertolk die rol van Christy wat saam met haar ma woon en opsoek is na ’n nuwe loopbaan.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Marius is gefrustreerd met Carina wat nog steeds vir Liam wil help terwyl Fritz probeer om die vrede tussen hulle te bewaar. Cardo en Celine wonder steeds wat Cubby beplan en is gestres terwyl Eben vir Kotie trompop loop oor haar planne met Gerhard. Stef gee vir Fritz raad oor die aanstelling van die nuwe huishoudster en Lida stamp kop met Fritz.

18:30 7de Laan (SABC2): Bonita is baie opgewonde oor die nuwe hoofstuk in haar lewe. Sy straal behoorlik. Petro is halsoorkopverlief op Bernard.

18:30 Masterchef Australia (M-Net): Kyk hoe die sjefs ’n storm los kook in die kombuis om die groot prys te wen.

19:30 Binnelanders (kykNET): ’n Donker wolk hang oor Pretoria, en Jana moet bont staan om die hospitaal aan die gang te hou. Gustav word uitgetrap oor sy hantering van ’n situasie, en dan moet Herman pa staan vir sy gedrag.

20:30 Survivor: Philippines (SABC 3): Kyk hoe die deelnemers op ’n afgesonderde bestemming probeer oorleef om die miljoen dollar prysgeld te wen.

20:00 Fiësta (kykNET): Die dorpie Tulbach spog deesdae ook met hulle eie kunstefees met ’n verskeidenheid konserte en aktiwiteite. Ons loer in by die Christo Coetzee Museum en Gallery. Marinda Engelbrecht is ons gas-aanbieder.

20:30 Afri-Visie (KykNET): ‘Afri-Visie Skryf ’n Treffer’-kompetisie is ’n liedjieskryfkompetisie waar die liedjie koning kraai en die sanger net die mondstuk is. Aangebied deur Nico Panagio.

21:30 Insig (kykNET): Die redakteur van Rapport, Waldimar Pelser, is aan die stuur van hierdie geselsprogram wat dikwels ’n politieke inslag het. Hy onthaal weekliks gaste wat dringende aktuele sake in-diepte bespreek.

21:30 Elementary (M-Net): Lucy Liu speel in dié reeks wat die moderne weergawe van Sherlock Holmes is.

21:30 NCIS: Los Angeles ( SABC 3) : Volg die avonture van hierdie uitmuntede beamptes. Elke week probeer hulle ’n nuwe raaisel in die vloot oplos.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>