Maatskaplike werkers het goedkeuring gegee aan ’n ma se “veiligheidsplan” om haar twee jong kinders in hul alarmbeskermde slaapkamer in die aand toe te sluit sodat sy kan voortgaan om met ’n bewese pedofiel te woon.
Hy is nog ’n “voortdurende risiko” wat reeds tyd in die tronk deurgebring het omdat hy ‘n 13-jarige meisie aangeval het. Nou het hy toestemming gekry om by ’n ma met twee kinders in te trek . En altwee haar kinders is jonger as 13.
Die skokkende verslag wat deur maatskaplike werkers ingedien is, argumenteer dat die kinders wel veilig is. Volgens hulle moet die pedofiel van sy kant van die bed af bo-oor die ma klim om by die meisies te kom. Dit sal glo die ma wakker maak. Die opgesluite kinders moet ’n babamonitor gebruik om hul ma te roep as hulle snags badkamer toe moet gaan.
‘Ek is onsteld dat hierdie man toegelaat word om by die familiehuis saam met my kleindogters in te trek.’
Die kinders se ouma, wat vir wetlike redes nie genoem kan word nie, het die maatskaplike werkers se besluit sterk gekritiseer omdat hulle ’n kindermishandelaar toelaat om in te trek ten spyte daarvan dat hy ’n “voortdurende risiko” is.
“Vandat ek weet dat my dogter se nuwe man ’n pedofiel is het ek probeer om my bekommernisse aan maatskaplike dienste uit te druk. Ek is onsteld dat hierdie man toegelaat word om by die familiehuis saam met my kleindogters in te trek.
“Ander familielede voel ook dat hul bekommernisse geïgnoreer word. Die alarm en die ander sogenaamde voorsorgmaatreëls om te keer dat my kleindogters mishandel word, is ’n klomp snert,” het sy aan die Sunday Mirror gesê.
“Dit voel asof my kleindogters geïsoleerd en in gevaar is. Dit lyk nie of maatskaplike dienste aan my wil luister nie. Dit is hartverskeurend, maar ek moet vir die meisies se onthalwe aanhou veg.”
Die pedofiel, wat se identiteit nie bekendgemaak word nie, is onderdanig aan ’n seksuele-oortredingsvoorkomingsbevel wat verhoed dat hy kinders onder die ouderdom van 16 sonder toesig kontak.
Bronne: mirror.co.uk, telegraph.co.uk, metro.co.uk, ibtimes.co.uk