Sterre met Arthur Bowman
VERJAARDAGVERSLAG:
Jy het uitstekende sterre vanjaar. Die geluksgodin glimlag vir jou. Maak dus seker jy koop gereeld loterykaartjies. Dis ’n tyd waarin jy jou posisie in die wêreld en jou hegte verhoudings verbeter.
BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:
Hierdie persone het ’n aangename persoonlikheid. Hulle het ’n goeie verstand en kan die geheelbeeld sien terwyl hulle aan die kleiner dinge werk. Hulle sal hoë, edele ideale koester. Hulle is geïnteresseerd in fisika en moontlik elektronika.
RAM (21 Mrt.-20 Apr.)
Vandag is daar nabye kontak met vriende. Dit lyk of dit van ’n emosionele aard kan wees. Jou vriend of vriende word regverdigbaar verontrief deur iets wat hulle nie wou hê nie, maar skynbaar nie kan vermy nie.
BUL (21 Apr.-20 Mei)
Die fokus is op werk en besigheidsake. Dis nodig dat jy jou planne in oënskou neem en kyk waarheen dinge nou op pad is. Jy vind dalk dat sake nie heeltemal verloop soos jy in gedagte gehad het nie.
TWEELING (21 Mei-21 Jun.)
Jy sal ’n behoefte hê om weg te breek van jou daaglikse roetine en ’n ver, eksotiese plek te besoek. Die behoefte sal waarskynlik op niks uitloop nie, maar jy geniet dit om te droom oor hoe jy in ’n straatkafee in Parys aan koffie teug.
KREEF (22 Jun.-23 Jul.)
Dis een van daardie dae dat jy in die bui is om almal om jou af te sit en op jy eie aan te ploeter. Dit lyk nie of dit vir lank so sal wees nie, maar dit sal gebeur en jy kan iemand moontlik onbedoeld aanstoot gee.
LEEU (24 Jul.-23 Aug.)
Dinge gebeur. Dis meestal nie van veel belang nie, maar met jou huidige sterre kan jy skielik reageer en dinge doen of sê wat jy liewer nie moes nie. Probeer om mense te vermy wat jou uitput.
MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)
Jy het teenstrydige sterre. Jy sal net praktiese wil wees, maar is geneig om emosioneel te raak oor wat jy wil hê en wat jy kan kry. Jy kan nie jou brood aan albei kante gebotter hê nie. Wees of prakties of emosioneel, nie albei nie.
WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)
Soms is dit vir jou moeilik om jou gevoelens te verberg en vandag is een van daardie dae. Dit sal party mense verras en kan jou selfs effens verwar. Dis nodig dat jy ’n bietjie versigtiger te wees wanneer jy praat en optree.
SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)
Dis ’n goeie tyd om ’n lekker stil plek te kry waar jy kan wegkruip vir die wêreld of minstens die mense wat jou irriteer. Moenie verskonings maak nie. Dit sal jou net swak laat lyk.
BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)
Dit sal die grootste deel van vandag en ’n deel van môre nodig wees dat jy met die mense om jou kommunikeer. Jy moet vir hulle sê wat jy wil hê en wat jou pla. Diskresie is koning.
STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)
Jy moet dinge wat met geld en persoonlike besittings te doen het uitsorteer. Dis dalk ’n goeie tyd om jou naam te sit op van die betrokke items. Dis ook ’n goeie tyd om jou bankbalans te kontroleer.
WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)
Vandag is die omstandighede goed vir nuwe projekte. Die projekte wat gewoonlik goed vaar met hierdie sterre is dié wat jou help met jou stokperdjies of in jou soeke na vooruitgang in jou loopbaan. Dis nie nou die tyd om moedeloos te raak nie.
VIS (20 Feb.-20 Mrt.)
Die simbool vir die Vis is twee visse wat in teenoorgestelde rigtings kyk en dis hoekom jy daarvan hou om vooruit en terug te kyk. Dis waarmee jy vandag besig sal wees. Foute in die verlede is waardevol as jy daaruit leer.