Hierdie hummus het ’n geroosterde geur van die soetrissies en is heerlik om aan tafel te deel.
Genoeg vir 4-6
Bereiding: 5 min.
Gaarmaak: 20 min.
4 rooi soetrissies
10 ml (2 t) olie
400 g kekerertjies, afgespoel
30 ml (2 e) suurlemoensap
6 knoffelhuisies, fyngedruk
45 ml (3 e) olyfolie
sout en peper
pittabrood vir voorsit
Voorverhit die oond tot 180 °C.
- Pak die soetrissies op ’n bakplaat, besprinkel met olie en vryf oraloor. Rooster 20 min. of tot die skil borrelrig is.
- Sit die warm soetrissies in ’n bak, bedek met kleefplastiek en laat staan 15 min. of tot die skil maklik aftrek.
- Verwerk die keker-ertjies, suurlemoensap, knoffel en soetrissies in ’n voedselverwerker tot ’n sagte puree. Giet die olie in ’n dun straal by die keker-ertjies in tot alles goed in die mengsel ingemeng is. Geur met sout en peper. Sit voor met pitabrode.
Deur Hope Malau
Foto: Jacques Stander