Dit is vanaand op die kassie:
17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.
18:00 Mom (M-Net): Die skrywer van The Big Bang Theory is die brein agter die snaakse komedie. House Bunny se Anna Faris vertolk die rol van Christy wat saam met haar ma woon en opsoek is na ’n nuwe loopbaan.
18:30 Villa Rosa (kykNET): Celine pas maklik aan by die Villa en Fritz moet haar teen wil en dank vra om uit te help. Marius en Stef hou glad nie van die idee dat Saskia Gunther se aandele wil koop nie.
18:30 7de Laan (SABC2): Nadia het ’n nuwe werk – sal Herman dit goedkeur? Paula het nog gevoelens vir Altus, maar is te trots om dit te erken. Wie is Petro se ridder op ’n wit perd?
18:30 Masterchef Australia (M-Net): Kyk hoe die sjefs ’n storm los kook in die kombuis om die groot prys te wen.
19:30 Binnelanders (kykNET): At probeer steeds om vir Malan te manipuleer. Ivanka en Ilse dink hulle weet wat met Morné skort. Daleen vrees vir die toekoms, terwyl Jana in die duister gehou word oor hare.
20:30 Survivor: Philippines (SABC 3): Kyk hoe die deelnemers op ’n afgesonderde bestemming probeer oorleef om die miljoen dollar prysgeld te wen.
20:00 Fiësta (kykNET): Die ABSA KKNK is vanjaar mondig en watter fees het nie op ons gewag nie. Oudergewoonte is hierdie fees ’n vertoonvenster van net die beste teater, musiek en kuns. Die akteur De Klerk Oelofse is ons gas-aanbieder.
20:30 Afri-Visie (KykNET): ‘Afri-Visie Skryf ’n Treffer’-kompetisie is ’n liedjieskryfkompetisie waar die liedjie koning kraai en die sanger net die mondstuk is. Aangebied deur Nico Panagio.
21:30 Insig (kykNET): Die redakteur van Rapport, Waldimar Pelser, is aan die stuur van hierdie geselsprogram wat dikwels ’n politieke inslag het. Hy onthaal weekliks gaste wat dringende aktuele sake in-diepte bespreek.
21:30 Elementary (M-Net): Lucy Liu speel in dié reeks wat die moderne weergawe van Sherlock Holmes is.
21:30 NCIS: Los Angeles ( SABC 3) : Volg die avonture van hierdie uitmuntede beamptes. Elke week probeer hulle ’n nuwe raaisel in die vloot oplos.