’n 65-jarige vrou met 13 kinders verwag glo nou ‘n vierling.
Annegret Raunigk, 65-y-o, set to be oldest mother of quadruplets (she already has 13 children) http://t.co/FgsU48QtzH pic.twitter.com/zAo83RxtZn
— Keith W. Tyras (@keithtyras) April 12, 2015
Haar jongste dogter (9) wou ’n klein boetie of sussie wou hê. En toe besluit Annegret Raunigk (65) van Berlyn, Duitsland dat sy dié wens waar gaan maak. Volgens die Duitse uitsaaier RTL probeer sy die laaste jaar-en-’n-half deur kunsmatige bevrugting swanger raak.
Woman, 65, pregnant with quads http://t.co/5vmy2QgzHf pic.twitter.com/gGtRi4VDbC
— news.com.au (@newscomauHQ) April 12, 2015
Annegret het toe met vier embrio’s swanger geraak. Sy was aanvanklik geskok maar het dit nooit oorweeg om die aantal embrio’s te verminder nie.
“Nadat die dokter uitgevind het dat daar vier is, moes ek wel eers bietjie daaroor dink,” het sy gesê.
Daar is gesê dat die swangerskap tot dusver sonder enige groot komplikasies is. Sou alles goed afloop, kom die babas in hul somer en Annegret sal die wêreld se oudste ma van ’n vierling wees.
Dis nie Annegret se eerste opspraakwekkende verskyning in die nuus nie. Sy het 10 jaar gelede ook hoofopskrifte gehaal toe sy op die ouderdom van 55 aan haar 13de kind geboorte gee.
Annegret Raunigk: Pregnant 65-year-old mother-of-13 set to become oldest mother of quads http://t.co/Brd9k1iNFx pic.twitter.com/DSDqacvyJO
— #Jubril (@ohis_) April 12, 2015
Bronne: metro.co.uk, buzzfeed.com, dailymail.com