Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Legendariese Ballade vir ’n Enkeling keer terug!

$
0
0

Voor die fliek was daar die TV-reeks – en die oorspronklike reeks keer terug na die kassie!

Harsteer, liefde, raaisels en desperate dade was aan die orde van die dag in die 1980’s toe kykers vir die eerste keer met Jacques Rynhard kennisgemaak het.

Niemand wat destyds die TV-reeks gevolg het, kan dit vergeet nie.

Gavin van den Berg het kykers geboei met sy ingewikkelde en boeiende karakter, Jacques Rynhard. Die vasbeslote joernalis Carina Human (Karin Fourie) en sy jeugliefde Lena Aucamp (Selma van der Vyver) se gevoelens vir die talentvolle skrywer Jacques het selfs verdeeldheid onder vriende in die regte lewe veroorsaak oor wie eintlik die man se hart moet steel.

Die TV-reeks is gewis een van die gewildste Afrikaanse reekse tot dusver. En dis deurspek van bekendes van wie jy dalk al van vergeet het. Kyk uit vir Marie Pentz (van Koöperasiestories-faam) as Trudie Linde, oftewel Shivas, en Babs Laker as Liebet Rynard. Nog ’n bekende gesig is dié van Alwyn van der Merwe, wat ook in 7de Laan sy verskyning as Sonja se pa gemaak het. En natuurlik een van ons land se mooistes, Anneline Kriel, wat die rol van bitsige en bedorwe Alicia Franck vertolk.

Maar wag, laat ons julle nie alles op een slag vertel nie. Maak seker jy loop nie ’n enkele aflewering van die reeks mis nie. Dit word vanaf Saterdag 11 April om 20:00 op kykNET & Kie uitgesaai.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>