Dit is vanaand op die kassie:
17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.
17:30 Koowee (kykNET): Kykgenot vir die jongspan.
18:30 Villa Rosa (kykNET): Saskia manipuleer Fritz om moontlik aandele te bekom. Eben is onrustig oor Cardo se onderduimse doen en late, maar weet nie hoe om die probleem te takel nie. Gunther gaan te vêr met Carina en Saskia gee hom ’n finale ultimatum.
18:30 Masterchef Australia (M-Net): Kyk hoe die sjefs ’n storm los kook vir die groot prys.
18:30 7de Laan (SABC2): Van vandag af is Sonja haar eie baas. Sal die besluit die beste werk vir haar en Wian of sal sy dit later berou? Pulane erken aan Bonita dat sy met Sifiso wil opbreek.
19:30 Binnelanders (kykNET): Herman moet ’n paar moeilike besluite neem, terwyl Morné dalk geforseer kan word om te praat met ’n kuiergas wat onverwags opdaag. Pippa gaan haar trots moet sluk, terwyl Kenia en ’n pos in Ongevalle aanloklik lyk vir twee verskillende mense. Okkie sit sy voet neer oor ’n verhouding, en At kry verblywende nuus.
19:30 The Mentalist (SABC3): Volg die storie oor die man wat enige raaiselagtige saak kan ontrafel.
20:00 Reis na Gister (kykNET): Die stad van goud is Karen Zoid se grootwordplek. Vandag stap ons saam met haar deur die boomryke strate van ’n Johannesburgse voorstad, waar sy as kind sorgeloos grootgeword het.
20:30 Perception (M-Net): Eric McCormack vertolk die rol van die eksentriese neuropsigiater, Dr Pierce, in hierdie misdaadsdrama.
20:30 Vlug na Egipte (kykNET): Kortjas probeer opnuut met Roulien vrede maak en Lena por hom aan oor ’n ingrypende lewensbesluit. Breggie kry ’n huweliksaansoek – en dan is dit Sanna se beurt om Tony heeltemal onkant te vang. Giel probeer vrede maak met Gertjie wat vir Lea konfronteer met die naakte waarheid oor Hennie. Die ‘rooikat’ is toe dalk nie so mal oor die ‘blink dingetjie’ nie, en ’n tragedie gooi Hennie se lewe heeltemal omver.
20:30 Nikita (SABC3): ’n Skelm sluipmoordenaar keer terug om wraak te neem teen die organisasie wat haar opgelei het.
22:30 Elementary (M-Net): Johnny Lee Miller en Lucy Liu vertolk die rolle van die moderne Sherlock en Watson.