‘n Amerikaanse sosioloog, dr John Edgar Browning, het vyf jaar lank in die skadukant van die wêreld geleef om ‘ware vampiere’ te vind en na te vors. Hy was nie teleurgesteld nie.
“Hulle verander nie in vlermuise en leef vir altyd nie, maar baie van hulle het vampier-slagtande en leef hoofsaaklik snags.” Maar hy het ook gevind dat hierdie hedendaagse vampiere ewe gemaklik in die donker van die nag kan funksioneer en bedags hulself in ‘n normale bestaan kan bevind.
“Tot my verbasing is verskeie van hierdie vampiere ouers, en hulle neem hul kinders saam na hierdie vampiergemeenskapsbyeenkomste,” vertel hy.
In die algemeen is diegene wat met vampiere vereenselwig gewoonlik in die aanvangsfase van pubertiteit. Maar Dr Browning het mense van 18-50 aangetref wat deel van hierdie geheime wêreld vorm.
Van hulle drink weliswaar bloed.
Van hulle drink weliswaar bloed. Maar dis van skenkers of van diere. Maar hulle skuil beslis nie in die skadu’s en wag op niksvermoedende prooi nie.
Die vampiertande is bloot net vir vertoon, maar dra by tot hulle gevoel van kultuur. Terwyl verskeie graag goties aantrek, is daar bitter min van hulle wat wel in kiste slaap.
Dr Browning se navorsing bewys dat hierdie subkultuur reeds in die vroeë 1970′s bestaan het. En dit strek van Amerika en Engeland tot in Rusland, Australië en Suid-Afrika.
Sosiale media het geïsoleerde groepe byeen gebring. Danksy die internet is daar nie geografiese beperkings nie en daar is talle e-forums, kletskamers en elektroniese kommunikasie.
En nee: Hierdie subkultuur is nie deur True Blood, The Vampire Diaries of Twilight inspireer nie. Hedendaagse werklike vampiere vrees diskriminasie deur mense wat doodeenvoudig nie verstaan hoe hulle funksioneer nie.
Bron: www.news.com.au