Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Die beskermende voordele van knoffel

$
0
0

Knoffel is niks nuuts nie, maar dit is dalk tyd om dit by jou lys superkosse te voeg.

In ’n onlangse studie is vasgestel dat hierdie geurige huisies jou kan beskerm teen veroudering en siektes, en selfs Alzheimer- en Parkinsonsiekte kan voorkom.

Of jy dit nou neem as ’n aanvulling en of jy dit eet as ’n lekker toevoeging tot jou aandete, navorsers aan die Universiteit van Missouri beweer dat knoffel wondere kan verrig.

“Knoffel is een van die voedingsaanvullings wat die wydste gebruik word,” sê Zezong Gu, medeprofessor in patologie en anatomiese wetenskappe aan die Universiteit van Missouri se skool vir geneeskunde. “Die meeste mense dink aan knoffel as ’n ‘superkos’ omdat knoffel se samestellings wat sulfaat bevat, bekend is as ’n uitstekende bron van antioksidante en beskerming teen ontsteking.”

‘In ’n onlangse studie is vasgestel dat hierdie geurige huisies jou kan beskerm teen veroudering en siektes, en selfs Alzheimer- en Parkinsonsiekte kan voorkom.’

Dit was egter ’n koolhidraat in die knoffelhuisies waarin navorsers belanggestel het. “Wetenskaplikes ondersoek nog al die verskillende maniere waarop knoffel die menslike liggaam kan bevoordeel,” het hy gesê.

“Ons navorsing het gekonsentreer op ’n koolhidraat-afgeleide voedingstof van knoffel, FruArg, en die rol wat hierdie voedingstof in beskermende prosesse speel.” FruArg kan selfs skade weens sommige faktore omkeer: dié van rook, besoedeling, breinbeserings en natuurlike veroudering.

Immuunselle in die brein – mikroglia – is gewoonlik die eerste wat die senuweestelsel verdedig. ’n Neweproduk van hul funksie as beskermers is egter die vervaardiging van stikstofoksied, wat skadelik kan wees. Dit is waar knoffel ter sprake kom.

“Toe stres by die model gevoeg word, was daar ’n verwagte verhoging in die mikroglia-selle en hul neweproduk, stikstofoksied,” het Zezong gesê. “Toe ons FruArg bygevoeg het, het die mikroglia-selle egter aangepas by die stres wat die hoeveelheid stikstofoksied wat vervaardig word, verminder het.

“Ook het FruArg die vervaardiging van antioksidante bevorder, wat beskermende en genesende voordele vir ander breinselle inhou. Dit help ons verstaan hoe knoffel die brein bevoordeel deur dit sterker te maak teen stres en ontsteking wat verband hou met neurologiese siektes en veroudering.”

Soek jy dalk meer inspirasie in die kombuis? Die Rush-universiteit in Chicago het onlangs bevind dat spinasie jou verstand met tot 11 jaar jonger kan maak; begin dus solank ’n paar groen blare in groot voorraad in jou kombuis kry.

 

 


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>