Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Sharon Osbourne: Simon het ’n sagte hart

$
0
0

Die Britse X Factor-beoordelaar Sharon Osbourne dink Simon Cowell is saggeaard, en sê sy het nog nooit ’n ernstige uitval met die mediabaas gehad nie.

Sharon (60) het verklap Simon (53) was die eerste een wat haar gebel het toe veelvuldige sklerose by haar seun, Jack (27), gediagnoseer is. Sy vertel ook hy is ’n beter mens as wat mense dink.

Sy het aan die Daily Mail gesê: “Hy is ’n goeie mens. Hy was die eerste persoon om my te kontak toe veelvuldige sklerose by my seun, Jack, gediagnoseer is. Onder alles is hy ’n sagte mens.”

Sharon, wat ná ’n lang afwesigheid terugkeer na Simon se program, het ook gesê gerugte oor verwydering tussen hulle is vals.

Sy het verduidelik: “Ons het nog nooit ’n ernstige uitval gehad nie. Dit was net toe Simon sê hy hou nie daarvan om saam met my te werk nie dat ek gedink het wel, ek gaan iets gemeen oor jou sê.

“Ons het toe gesels en hy het gesê: ‘Kom ons stop dit. Dis belaglik. Ons maak net onsself seer.’ En ek het saamgestem.”

Die beoordelaar Louis Walsh (61) sê dieselfde oor Simon en glo die ster, wie se meisie, Lauren Silverman, hul eerste seun verwag, sal pa wees geniet.

Hy het bygevoeg: “Hy is die grootste kind wat ek ken. Hy gaan daardie kind bederf. Dit sal die beste ding wees wat nog met hom gebeur het.”


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>