Ford het die eerste foto’s en inligting van sy opgekikkerde Ranger-bakkiereeks uitgereik.
Dit sal later vanjaar in Suid-Afrika te koop wees.
Die grootste veranderings is aan die Ranger se neus aangebring waar dit onder meer ’n nuwe sierrooster, voorligte en buffer het. Binnelangs is daar ook ’n splinternuwe paneelbord en kontroles.
Die meeste enjins is onveranderd, maar Ford het wel die 2,2 L-turbodiesel meer woema gegee – in die nuwe Ranger ontwikkel dit nou 118 kW en 385 Nm.