Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Germanwings vlug 4U 9525: Wat ons weet

$
0
0

’n Vliegtuig van die Duitse laekostelugredery Germanwings het vroeër vandag oor die Franse Alpe neergestort.

Hier is wat ons tot dusver weet:

  1. Die vliegtuig was onderweg na Düsseldorf in Duitsland vanaf Barcelona, Spanje.
  2. Daar was 144 passasiers, vier bemanningslede en twee loodse aan boord.
  3. Minstens 45 passasiers was Spanjaarde. Daar was ook Duitsers en Turke aan boord.
  4. Germanwings vlug 4U 9525 het vanoggend om 08:55 plaaslike tyd uit Barcelona vertrek. Byna twee uur later, om 10:47, het dit ’n noodsein uitgestuur en kort daarna van radarskerms verdwyn. Dit moes om 11:55 in Düsseldorf aangekom het.
  5. Die vliegtuig het neergestort in die suide van Frankryk tussen die stede Digne-les-Bains en Barcelonette, sowat 100 km noord van Nice.
  6. Die Franse president, Francois Hollande, het aangekondig dat dit “onwaarskynlik” is dat iemand die ongeluk oorleef het.
  7. Die oorsaak van die ongeluk is nog onbekend.
  8. Dit is die ergste vliegongeluk in Frankryk sedert die neerstorting van Concorde se vlug 4590 in 2000 waarin 113 mense omgekom het.

 


Bronne: Vice News; Airlive.net

Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>