Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Sakeman wat dood vervals om R100-miljoen te eis, aangekeer

$
0
0

’n Sakeman van Florida wat, volgens die owerheid, sy eie dood vervals het om skuld te ontduik terwyl hy miljoene in lewensversekeringsvoordele wou opeis, is in ’n tronk in Noord-Carolina nadat hy na bewering om ’n paspoort aansoek gedoen het onder iemand anders se naam.

Jose Salvador Lantigua (62), van Jacksonville, Florida, het Maandag voorgekom in die federale hof in Asheville, Noord-Carolina. Hy is Saterdag deur diplomatiese sekuriteitsagente van Amerika se departement van buitelandse sake in hegtenis geneem en aangekla weens ’n vals verklaring oor ’n paspoortaansoek.

Lantigua staan ook tereg op sewe aanklagte vir die indiening van bedrieglike versekeringseise en een aanklag weens die beplanning van bedrog. Staatsaanklaers sê hy het ’n vervalste doodsertifikaat van Venezuela gebruik om in 2013 meer as R100 miljoen se lewensversekeringseise in te dien.

Lantigua is naby sy vrou se luukse berghuis in Noord-Carolina vasgetrek nadat hy na bewering in November ’n paspoortaansoek ingedien het en die naam van ’n gewese posdienswerker van New York daarvoor gebruik het.

Sy vrou, Daphne Simpson, van Atlantic Beach, Florida, is ook Saterdag in hegtenis geneem en later vrygelaat nadat sy borgtog van R2,4 miljoen betaal het. Soortgelyke aanklagte staar haar in die gesig as haar man.

Volgens die federale kriminele klagte teen hom het Lantigua aansoek gedoen om ’n paspoort by ’n Asheville-poskantoor en het hy ’n Noord-Carolina-rybewys gebruik wat in September, onder iemand anders se naam, aan hom uitgereik is, sowel as ’n New Yorkse geboortesertifikaat.

Toe buitelandse sake die aansoek verwerk, het talle rooi ligte begin flikker. Die man wie se identiteit Lantigua na bewering gesteel het, het in 1999 ’n paspoort gekry, en talle brokkies biografiese inligting het nie geklop nie. Die lengte van die twee mans verskil, asook die oogkleur, haarkleur en ander kenmerke.

Ook is die foto van daardie 1999-paspoort van ’n swart man, maar die foto wat ingedien is saam met die nuwe aansoek, is dié van ’n wit man. Ondersoekbeamptes by buitelandse sake het toe gesigsherkenningsprogrammatuur gebruik om die nuwe foto met ’n vorige foto van Lantigua se regte paspoort te vergelyk. Toe hulle sy naam kry, het ’n Google-soektog nuusartikels uit Florida laat opduik oor die aantygings dat hy sy dood vervals het.

Federale hofrekords wys ’n reeks regsake wat die afgelope twee jaar aanhangig gemaak is tussen verskeie lewensversekeringmaatskappye en Lantigua se seun. Die maatskappye het geweier om miljoene se eise uit te betaal, terwyl Lantigua se familie sê hy is in Venezuela dood aan ’n siekte en dat sy liggaam veras is. Daar is ook regsake van ’n bank in Georgia wat sê dat Lantigua hulle meer as R24 miljoen skuld.

Federale ondersoekbeamptes het vining bepaal dat die adres gelys op die 2014-paspoortaansoek dié is van die huis in Noord-Carolina wat aan Lantigua se vermeende weduwee behoort. Hy het ook sy regte vrou gelys as die noodkontak op die aansoek onder die ander man se naam. Nadat die huis weke lank onder bewaking gehou is, het federale agente Saterdag toegeslaan met die hulp van agente van die FBI.

Lantigua is Saterdag naby die huis in hegtenis geneem terwyl hy met dieselfde Jeep Wrangler ry wat hy gehad het in Florida. Nadat hy sy dood vervals het, is die voertuig op die seun se naam oorgedra.

Rekords wys dat Lantigua sonder borgtog in die Buncombe County-gevangenis aangehou word. Volgens die hofrekords het hy nog nie ’n prokureur om hom te verteenwoordig nie.


 
- Sapa


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>