As jy ambisieus, gedrewe en vasberade is, sal jy bes moontlik baie lewensdoelwitte verwesenlik, soos om ’n toppos in jou maatskappy te beklee of ’n onderneming te begin.
Maar in onlangse navorsing is bevind om magshonger te wees hou etlike nadele in. Dit kan byvoorbeeld jou gesondheid benadeel.
Navorsers aan die Universiteit van Utah het bevind wanneer jy vinnig opgang maak by die werk, vergroot jou risiko vir hartkwale.
Andersyds kan mense hul gesondheid verbeter deur hul taak beskaaf en beleef te verrig.
Navorsers aan die Universiteit van Utah het bevind wanneer jy vinnig opgang maak by die werk, vergroot jou risiko vir hartkwale.
Die navorsers het 500 voorgraadse studente in vier verskillende studies bekyk om vas te stel hoe verskillende persoonlikhede ’n uitwerking het op die mense se welsyn. Hulle het dié met ’n warm-dominante styl vergelyk met mense met ’n vyandig-dominante persoonlikheid. Albei soorte het wel ’n mate van hoë persoonlike krag getoon, maar die vyandiggesinde deelnemers was meer geneig tot interpersoonlike stres en vyandigheid.
Die bloeddrukvlakke van 180 studente is ook gemonitor om hul reaksie te toets in stresvolle situasies, in teenstelling met mense wat beveel is om dominerend op te tree.
Vyandig-dominerende mense het weer slegter daarvan afgekom, aangesien hul bloeddruk geneig was om te styg wanneer hulle met ’n persoon te doen gekry het wat ook dominant was.
Navorsing oor getroude pare het aan die lig gebring dat dié wat vyandig-dominant was, meer konflik in hul verhouding ervaar en minder ondersteuning van hul lewensmaat kry.
Die navorsers het na aanleiding van vorige studies die hoë stresvlakke en die stygende bloeddruk gekoppel daaraan dat dit die persoon vatbaarder vir hartsiektes maak.
Die resultate is toe op die jaarvergadering van die Amerikaanse Psigosomatiese Vereniging voorgelê.
“Dit is slegte nuus vir meedoënlose, magsbehepte mense soos Frank Underwood in House of Cards, wat die sosiale statusleer klim deur aggressiewe, mededingende metodes, want dit kan jou lewe verkort weens stygende weerloosheid teen hartvatsiektes,” sê die skrywer van die studie, Timothy Smith, professor in sielkunde.
“En dit is goeie nuus vir suksesvolle tipes wat vriendeliker was, want dit kom voor asof die verkryging van ’n hoër sosiale status danksy prestasie en respek wat vryelik betoon word, ’n beskermende uitwerking kan hê.
“Tog is daar bewyse dat jakkals wel van snare kan verander en as jy dit kan regkry, kan dit die risiko vir ’n hartaanval verminder.”
As jy dit miskien weer oorweeg om agter mense se rug in die werkplek te konkel om jouself te bevoordeel, of lang ure te werk om jou baas se aandag te trek en dit te laat lyk asof ander mense lui is, dink ’n bietjie na oor jou dade se uitwerking op lang termyn.
© Cover Media