Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Jou sterre vir 21 Maart 2015

$
0
0

Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:
Vanjaar sal jy heelwat wonderlike ontdekkings doen, meestal oor jouself en die lewe. Mooi dinge sal baie skielik gebeur en jy sal aangedryf word na merkwaardige ervarings en situasies.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:
Hierdie persone is aktief, energiek en ondernemend. Hulle stel belang in die wetenskap en fisika. Hulle sal baie reise onderneem en veranderinge maak, veral vroeg in hul lewe. Hulle is opwindend en onafhanklik. Nuwe en vooruitstrewende metodes sal hulle interesseer.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)
As die Ram van die diereriem hou jy daarvan om die leiding te neem en die aardlinge om jou te wys wat om te doen en hoe. Wanneer jy vandag se sterre het, is jy in jou element. Jy lei en ander sal volg.

BUL (21 Apr.-20 Mei)
Jy dink anders oor ’n aspek van jou lewe. Dis nie ’n verandering wat oor maande of jare gekom het nie, maar dit sal soos ’n openbaring op die pad na Damaskus wees. Dit klink na ’n dag vol pret.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)
Jy oorweeg dit wat jy die afgelope tyd gedoen het en dink na oor wat jy sou wou doen. Jy bring ’n paar betekenisvolle veranderinge aan. Dit sal jou lewe op ’n spesiale manier verander.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)
Daar sal skielike veranderinge in jou verhouding met iemand in ’n gesagsposisie wees. Ek het die omstandighede waarin jy is, al ervaar. Jy weet nie hoekom die verhouding verander het nie en het geen idee hoe om dit te herstel nie.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)
Jy sal iemand belangriks ’n guns vra of miskien vra iemand jou ’n guns. Laasgenoemde is die waarskynlikste. Doen dit, maar maak seker almal weet wat jy doen en hoekom.

MAAGD (24 Aug.-23 Sept.)
Dis dalk slim om vroeg na die OTM te gaan en te kyk wat in jou gesamentlike geldsake aangaan. Ek dink die syfer by die masjien sal jou effens van stryk bring, maar jy werk vinnig uit wat om te doen om weer te begin.

WEEGSKAAL (24 Sept.-23 Okt.)
Die planeet Uranus is tans aktief in jou hoek vir die huwelik en intieme verhoudings. Met “Uranus die onverwagte” wat vir jou werk, sal daar verrassende omstandighede op jou wag. Wees voorbereid op enigiets wat moontlik kan gebeur.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)
Vandag is daar onverwagte veranderinge. Dit raak jou werk of gesondheid of het iets met klein diertjies of troeteldiere te doen. Omdat dit onverwags is, kan ek nie sê presies wat dit is nie, maar jy sal effens omgekrap wees.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)
Uranus is aktief in jou hoek vir die liefde en romanse, en sal betowerende oomblikke meebring. Hierdie tye sal lank in jou geheue voortleef. Moet dus nie jaag nie; wees rustig en laat dinge gebeur soos jy dit sal wil onthou.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)
Die sterre bring veranderinge aan jou roetine. Dit beteken baie dinge vir vele Steenbokke. Meestal plaas dit jou in ’n posisie waar jy moet saamstem met alles wat in of om jou privaat lewe gebeur.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)
Daar is goeie omstandighede vir kort reise. Dit lyk of jy gou by jou bestemming kom en of daar met die terugkeer minder hindernisse is. Dis ook ’n goeie dag om jou grysstof vir speletjies of raaisels in te span.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)
Jy sal baie oor geld en persoonlike besittings tob, moontlik omdat jy jou tot die een of ander besteding die naweek verbind het en skielik besef jy kan dit nie regtig bekostig nie.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>