Robert Pattinson se honde, Bear en Bernie, help hom sy hartseer oor Kristen Stewart oorkom.
Rob (27) het lankal uitgemaak met Kristen (23) omdat sy hom middel verlede jaar met die getroude regisseur Rupert Sanders (42) verkul het, maar hy is glo nog dolverlief op haar en het hom tot sy troeteldiere gewend om sy hartseer te verwerk.
’n Bron het aan HollywoodLife gesê: “Rob sien daarna uit om aan sy musiek te werk en tyd saam met sy goeie vriende en met Bear en Bernie deur te bring. Dit klink vreemd, maar hy is baie geheg aan sy honde. Hy het soveel liefde en troos by hulle gekry nadat hy en Kristen uitmekaar is.”
Robert het nie teenoor sy vriende oor sy gevoelens gepraat nie, aangesien hy verkies om sy emosies vir homself te hou.
Die ingeligte het bygevoeg: “Anders as wat Kristen glo, neem Rob nie hul uitmakery ligtelik op nie. Hy wys net nie sy emosies openlik nie. Hy is ’n introvert, veral wat verhoudings betref. Hy is nie iemand wat sal oopmaak en praat oor wat aangaan nie. Hy hou hom eenkant.”