Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Moderedaksie-dagboek: Uiteindelik – die uitleg!

$
0
0

Ons moderedaksie-blogger verduidelik hoe die modefoto’s wat hulle neem en stileer in jou tydskrif beland.

VANDEESWEEK kom ons uit by die finale stilhouplek langs die pad wat ons modeartikels loop: die uitleg. Met voorbeelde byderhand en uitdrukke van die week se redaksionele en kledingstuk-foto’s begin die modeblaaie soos jy hulle sien, vorm aanneem.

Eers word al die uitgedrukte foto’s een vir een uitgeknip. Die kledingstuk-foto’s lyk amper soos papierpopuitrustings. Agterop die foto van elke item skryf ons waar dit vandaan kom. Dan word die knipsels deur ons moderedakteur, Chu, op ’n A3-kaart gerangskik. ’n A3-kaart is net so groot soos ’n dubbelbladsy in die tydskrif.

Wanneer dit klaar is, word die betrokke foto’s en kopie elektronies op ons inhoudsbestuurstelsel gelaai. Dan kan die redaksionele en uitlegspanne daarna begin kyk.

Nou word die A3-kaart in ’n werksakkie (of ’n job bag, soos ons dit sommer noem) geplaas en omgestuur. Chu bespreek dit eers met die leefstylredakteur, Liezel Joubert, en daarna reis die werksakkie na die subredakteurs, wat sorg dat die kopie foutvry is voor dit deur die leefstyl-ontwerper, Anneke Streicher, op die blad uitgelê word.

Ons ontwerper Anneke doen haar towerwerk met ’n mode-uitleg. Foto: Shané Barnard

Ons ontwerper Anneke doen haar toorwerk met ’n mode-uitleg. Foto: Shané Barnard

Heelparty oë lees daarna die proewe om seker te maak alles is korrek, dat al die regte pryse by al die regte uitrustings verskyn, dat al die foto’s is op die regte plekke is en dat al die beskrywings van die klere korrek is. As almal tevrede is, word die bladsye vir oulaas deur Liezel gelees en afgeteken. Elke modeartikel word altesaam deur omtrent 10 tot 12 mense fyn bekyk!

Nou is die artikel gereed om “ fabriek” (soos ons die drukkers noem) toe te gaan. Dit gebeur gewoonlik op ’n Woensdag of ’n Donderdag, en die volgende week Vrydag kan jy dit in jou hande hou!

- Nikki Horsten

NS As jy nuus warm uit ons modeateljee wil hê of ’n voorafkykie na ons komende modeblaaie, kan jy my en ons modedirekteur Chu op Twitter volg: @ChuSuwannapha @nikkihorsten.

nikki Nikki Horsten is ’n studentjoernalis by Huisgenoot en YOU en lid van die moderedaksie. Sy blog vir ons oor wat agter die skerms in die mode-afdeling gebeur.

Lees gerus haar ander blogs:

Die Groot Teruggee

Moderedaksie-dagboek: So werk fotosessies

Die Mode-afdeling-dagboek: Deel Twee

Die moderedaksiedagboek

 


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>