WAARSKUWING: GRAFIESE BEELDMATERIAAL
’n Suid-Afrikaanse vrou is gewond in ’n terreuraanval waartydens toeriste in Tunisië in Noord-Afrika afgemaai is.
’n Groep mans met AK-47’s het die Bardo-museum in die hoofstad, Tunis, bestorm en ’n geraamde 17 toeriste noodlottig gewond, asook ‘n Tunisiese burgerlike en moontlik ‘n polisieman. Vandag is bekendgemaak dat die dodetal tot 23 gestyg het.
Veiligheidsmagte het ook twee van die vermeende aanvallers doodgeskiet; daar word berig nog drie verdagtes het op die vlug geslaan.
Luidens berigte het die Tunisiese departement van binnelandse sake gesê ’n Suid-Afrikaner is onder die mense wat in die aanval gesterf het, maar MSC Cruises Suid-Afrika het hierdie verklaring uitgereik. KLIK HIER vir verklaring
Die mans, van wie sommige in militêre uniforms geklee was, het die museum gistermiddag binnegestorm en op besoekers losgebrand, waarna van die toeriste wat probeer vlug het, gyselaar gehou is.
Die motief vir die aanval word nog ondersoek. Wêreldleiers het hulle daarteen uitgespreek.
PM Abbott: “Plainly, this is a terrorist outrage. Plainly, it is an attack by Islamist extremists on a fledgling democracy.” #Tunisia
— Adam Todd (@_AdamTodd) March 19, 2015
Strongly condemn killings of innocent people in terrorist attack in the Bardo Museum in Tunisia yesterday #PresidentMukherjee
— President of India (@RashtrapatiBhvn) March 19, 2015
SA condemns the cowardly & barbaric terrorist attack in #Tunis. Our mission is touch with authorities & on standby to assist South Africans
— Clayson Monyela (@ClaysonMonyela) March 18, 2015
Bronne: Sapa, Twitter, EWN, TimesLive, CNN