Weet jy wat is ’n langarm? Dis ’n Afrikaanse selfie – maar net beter, groter en wilder!
‘Dis nie jy wat jou armspiere bult nie.’
Dis nie ’n selfie wat jy neem tydens jou middagstappie met die hond nie; dis ’n selfie op die bopunt van Tafelberg. Dis nie jy wat jou armspiere bult nie; dis jy wat jou armspiere bult en ’n kis bier daarop balanseer.
Kry jy die idee? Goed so! Gaan neem nou jou eie en jy wen dalk een van vyf Canon PowerShot-kameras! Jy het ook die kans om een van vyf lesers te wees wat vier kaartjies na die Huisgenoot-Afskopkonsert by die Absa Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) wen.
Dié wenners sal die geleentheid kry om die kunstenaars wat daar optree te ontmoet en hul eie langarm saam met hul geliefkoosde ster te neem.
- Kyk na die voorbeelde hierbo om seker te maak jy verstaan wat dit is.
- Neem die beste langarm waaraan jy kan dink. By ’n partytjie, op ’n verhoog, in die lug… hoe maller, hoe beter.
- Deel jou langarm op Facebook, Twitter of Instagram en maak seker jy noem @Huisgenoot en merk dit #mylangarm.
- Die kompetisie sluit op 26 Maart 2015 en die wenners sal op 27 Maart 2015 in kennis gestel word.
Kaartjies na die Huisgenoot-Afskopkonsert sluit nie verblyf of reiskoste in nie.
Wedstrydreëls Lesers van Landbouweekblad mag deelneem. Inskrywings sluit op 1 Mei om 17:00. Die wenners sal deur ’n lukrake trekking bepaal word. Dié trekking se uitslag is finaal. Deur deel te neem aanvaar jy dat jou naam en foto gepubliseer mag word as jy wen. Om vir die trekking in aanmerking te kom moet jy vier korrekte antwoorde, een vir elke uitgawe in April, SMS na die nommer wat ons verstrek. Elke SMS kos R1,50. Jy moet 18 of ouer wees en ’n geldige rybewys hê. Die wenners sal in kennis gestel word. Pryse is nie oordraagbaar nie. Personeel (en hul families) van Media24 , Action Ford en Ford mag nie deelneem nie. Jy moet ’n geregistreerde gebruiker van die selfoon wees waarvandaan jy SMS, of die eienaar van die selfoon se toestemming hê om met sy foon in te skryf. Media24, Action Ford en Ford aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige skade wat moontlik spruit uit deelname aan dié wedstryd nie. Action Ford is verantwoordelik vir die motor se registrasie en BTW, asook vir die verskaffing van die pryse aan die wenners binne ’n redelike tyd.