Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Jou sterre vir 7 Maart 2015

$
0
0

Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:
Daar is goeie sterre vir vanjaar, maar weens vertragings en swak oordeel kan probleme opduik. Jou trots word gevoelige houe toegedien wanneer mense of omstandighede jou in die openbaar in die steek laat. Gebruik jou gesonde verstand wanneer jy besluit wat jy gaan eet.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:
Hierdie mense is bedagsaam, verstandig en saggeaard. Hulle het ouwêreldse sjarme en grasie. Hulle is nie juis geneig tot vrolikheid nie, maar het ’n slim humorsin. Baie van hul aandag word aan besigheid bestee. Hulle stof nie almal om hulle uit nie, maar sal in die stilligheid baie goed vaar.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)
Moenie vergeet om na jou rooster te kyk nie. Daar is dinge wat jy moet doen en jy wil nie ander in die steek laat nie. Wanneer jy gedoen het wat jy moet, onthou dis ’n Saterdag en Saterdae is gemaak vir pret.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)
Vandag begin baie soos enige ander Saterdag, maar dit sal nie so eindig nie. Teen vanmiddag sal daar genoeg veranderings in die roetine en ander dinge wees dat jy vir ’n ruk nie vir sulke dinge sal wens nie. Gelukkig hou Ramme van ’n uitdaging.

BUL (21 Apr.-20 Mei)
Daar is goeie sterre vir liefde en romanse. Die sterre lyk ook goed vir kuier en om mense te ontmoet. Wanneer jy iemand ontmoet, probeer uitmaak wat die mens wil hê en maak seker hulle kry dit. Dis ook ’n goeie tyd om by kinders te wees.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)
Jy dink anders oor iets. Dalk was daar iets wat jy verskriklik graag wou hê, maar nou besef jy jy voel nie so sterk daaroor nie. Dis ’n goeie tyd om huisveranderings en kleurskemas te oorweeg.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)
Vandag lewer nuwe omstandighede op en baie word gesê oor hoe goed of anders dit is. Probeer die geheelbeeld sien en kyk die klein irritasies mis. Jy kry baie goeie nuus.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)
Geldsake is baie belangrik. Dikwels bring die sterre wat jy vandag het ’n geldtekort mee in situasies waar geld al is wat saak maak. Andersins kan jy ongewone ontmoetings op ’n vreemde dag ervaar. Dis ook kuiertyd.

MAAGD (24 Aug.-23 Sept.)
Vandag is die begin van ’n nuwe fase in jou lewe. Dis ’n opwindende tyd. Maak tyd om herinnerings te bou sodat jy later met vreugde en nostalgie kan terugkyk. Begin soos jy wil voortgaan.

WEEGSKAAL (24 Sept.-23 Okt.)
Daar kan uitgawes wees omdat iets dalk gebreek of beskadig is. Onthou, as jy iets in ’n winkel breek, is dit joune en moet jy dit betaal. Dit lyk of daar vandag ’n soort herdenking is.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)
Daar is goeie sterre vir vriendskappe, maar jy voel dalk iemand is te liggeraak en vasbeslote om die goeie stemming te verdryf wat hierdie sterre kan bring. Daar is goeie sterre om ’n vriend morele steun te vra.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)
’n Nuwe besem gaan skoon vee. Ek weet nie waar die besem ingespan sal word nie, maar ek is seker dis nie voor jou deur nie. Kan dit iets te doen hê met die begin van ’n nuwe fase vandag?

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)
Daar is goeie sterre vir kontak met ver plekke. Gewoonlik gaan die sterre gepaard met die een of ander reis en omdat jy ’n aardeteken is, raai ek as jy wel reis, sal dit ’n reis oor land wees.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)
Dis dalk vir jou beter om op die agtergrond te bly en te doen wat jy moet, maar daar is tye dat al die aandag op jou gevestig is. Jy verpes hierdie tye, maar hanteer hulle soos ’n staatmaker.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>