Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Petisie teen Facebook oor vet-emotikons

$
0
0

Wanneer jy jou Facebook-status bywerk, is kan jy uit ’n lysie verskillende emotikons een kies wat jou emosies op daardie oomblik weergee. Dit wissel van geluk tot verleentheid.

Nou het sommige Facebook-gebruikers die webtuiste gekritiseer omdat hulle glo die neerhalende verwysings na oorgewig mense – waar “mense in die openbaar gekritiseer word omdat hulle te vet is” – bevorder deur die gebruik van “vet” en “lelike” emotikons.

FACEBOOK

’n Groep genaamd Endangered Bodies lei ’n petisie wat daarop gemik is om Facebook oor te haal om die glimlaggende gesiggies met dubbelkenne te verwyder. Hulle het ’n petisie op Change.org begin en reeds meer as 11 500 handtekeninge van oor die wêreld ontvang.

Die groep wys daarop dat Facebook met sy 890 miljoen daaglikse gebruikers ’n groot invloed kan hê op hoe mense oor hul lywe praat.

“Wanneer Facebook-gebruikers hul status ‘voel vet’ maak, spot hulle met mense wat hulself as oorgewig beskou, en dit kan talle met eetsteurings insluit,” lui die petisie.

“Vet is nie ’n gevoel nie. Vet is ’n natuurlike deel van ons liggaam, ongeag hoeveel ons weeg. En elke liggaam verdien om gerespekteer en versorg te word.”

Heelwat Twitters-gebruikers steun ook die veldtog. “Om vet te voel, is ’n eufemisme vir uiters sleg voel oor jouself. Sê vir Facebook ons is nie mal oor die selfkastydende emotikons nie,” het ’n gebruiker onder die naam @nudesomnambulis getwiet.

Facebook 2

Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>