Die stiefbroer van die Britse tiener Becky Watts (16) word aangekla van die moord op haar, en sy vriendin van regsverydeling. Nadat liggaamsdele Dinsdag ’n huis in Barton Hill, Bristol, gevind is, is Nathan Matthews (28) en Shauna Hoare (21) is albei in hegtenis geneem.
Becky Watts's stepbrother shows no emotion as he appears in court charged with teen's murder http://t.co/uIIiDInPJ5 pic.twitter.com/B82IccPbL2
— Daily Mirror (@DailyMirror) March 5, 2015
Die paartjie, wat ‘n tweejarige dogter het, is Saterdag in hegtenis geneem. Hulle word daarvan verdink dat hulle Becky, wat op 19 Februarie vermis geraak het, ontvoer en vermoor het.
The Telegraph het berig speurders het Dinsdag toestemming gekry het om die paartjie 24 uur langer te ondervra nadat liggaamsdele gevind is op ’n eiendom in Barton Court, naby Becky se huis. Matthews is blykbaar die seun van Anjie Galsworthy, die vrou van Becky se pa, Darren Galsworthy.
Becky Watts: man, 28, and woman, 21, arrested on suspicion of murder http://t.co/bDgoozFtM1 pic.twitter.com/b5P3x3g4in
— The Telegraph (@Telegraph) March 2, 2015
Becky se gesin het haar op 20 Februarie as vermis aangegee nadat sy die huis die vorige dag verlaat het met haar foon, skootrekenaar en tabletrekenaar, maar nie weer teruggekeer het nie.
Ná uitgebreide soektogte het die polisie op 2 Maart verklaar hulle beskou haar verdwyning as ’n moordondersoek.
Bronne: The Telegraph, BBC, Daily Mirror