Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Gevulde hoenderborsies met koolslaai

$
0
0

GENOEG VIR 4 MENSE
Bereiding: 15 min.
Gaarmaak: 35-40 min.

4 hoenderborsfilette
sout en vars gemaalde peper
125 ml (½ k) meel
2 eiers, geklits
250 ml (1 k) broodkrummels
30 ml (2 e) olyfolie
VULSEL
3 sondroë tamaties, gekap
30 ml (2 e) geroosterde
sonneblomsade
3 knoffelhuisies, fyngedruk
1 wiel fetakaas, gekrummel
SLAAISOUS
80 ml ( k) mayonnaise
125 ml (½ k) Griekse jogurt
20 ml (4 t) suurlemoensap
15 ml (1 e) strooisuiker
KOOLSLAAI
½ kopkool, gerasper
2 wortels, geskil en gerasper
10 g roketblare

Voorverhit die oond tot 180 °C. Sit ’n draadrakkie op ’n bakplaat en bespuit met kossproei.

  1. Sny ’n gleufie in elke hoenderborsie en geur met die sout en vars gemaalde peper.
  2. Vulsel Meng al die bestanddele, stop die hoenderborsies met die vulsel en steek met peuselstokkies vas.
  3. Rol die hoenderborsies in die meel, doop in die geklitste eiers en rol dan in die krummels – maak seker die hoender is oraloor met krummels bedek.
  4. Pak die hoender op die bereide draadrakkie en sprinkel die olie oor. Bak 35-40 min. in die oond of tot goudbruin en gaar. Sny in skyfies.
  5. Slaaisous Klits alles saam en geur met sout en vars gemaalde peper.
  6. Koolslaai Meng alles met die slaaisous en sit voor saam met die hoender.

Vir brosser hoender, vlakbraai in olie, dreineer en braai verder in die oond.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>