Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Roker erfporsie kwyt

$
0
0

’n Sakeman van Pretoria het sy seun onterf omdat dié geweier het om op te hou rook, het The Star Woensdag berig.

Dawid van Vuuren se seuns, Daniel en Marius, is onterf; alles is aan Dawid se twee dogters bemaak. Marius sê voor sy pa se dood het Daniel vir hom gesê hul pa het ’n testament opgestel waarin hy sy dogters as sy enigste begunstigdes verklaar in ’n poging om Daniel te laat ophou rook. Volgens die publikasie het Marius die handgeskrewe testament wat ná sy pa se dood gevind is in die hooggeregshof in Pretoria teengestaan. Hy het gesê hy beskou die papier bloot as ’n dreigement vir Daniel.

Daniel het aangevoer hy het eers ná sy pa se dood van die “testament” bewus geword, het die dagblad berig. “Die waarheid is, my pa het my op vele geleenthede gemaan hy sal my onterf as ek nie ophou rook nie. Ek het sy dreigement nooit ernstig opgeneem nie,” het Daniel luidens berigte gesê.

Regter Cynthia Pretorius het gesê geen ander testament kon gevind word buiten die handgeskrewe een nie. Sy het die meester van die hof opdrag gegee om die handgeskrewe dokument as die ware testament te aanvaar.

 

 


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>