Dit is vanaand op die kassie:
17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.
17:30 Thomas @ (kykNET): Al hoe meer onaangename privaat geheime van skoolkinders raak bekend en Thomas kry dit glad nie reg om deur Alex se verweer te breek nie.
18:30 Villa Rosa (kykNET): Anthony staan op die rand van ‘n afgrond met Maryke en hy besef dit nie. Saskia druk dadelik haar stempel op die Villa af en haar ware kleure begin wys wanneer Gunther haar by sy planne betrek. Sonja begin wonder oor Nico. Isabel staan op vertrek en ‘n swaar afskeid lê voor.
18:30 Masterchef Australia (M-Net): Kyk hoe die sjefs ’n storm los kook vir die groot prys.
18:30 7de Laan (SABC2): Nthabi is woedend wanneer sy Dali met ’n ander meisie betrap. Ty beplan ’n naweek in Hermanus. Gita ruik lont en stel ’n privaatspeurder aan om hom te volg.
19:30 Binnelanders (kykNET): Merle se laaste wens lei tot ‘n groot skok vir haar erfgename, en Susanna praat openhartig met Van oor Cherilee. Zieg probeer iemand oortuig van ‘n goeie saak, en ‘n kompliment aan ‘n verpleegster irriteer ‘n dokter. Getrude het haar mes in vir Zadie, en Van se kar word gesteel.
19:30 The Mentalist (SABC3): Volg die storie oor die man wat enige raaiselagtige saak kan ontrafel.
20:00 Reis na Gister (kykNET): ‘n Plat op die aarde kind van Carnarvon. Dis hoe Jannie Mouton, stigter en hoof-uitvoerende direkteur van die PSG-groep, graag onthou wil word. Ons gaan loop op sy spore diep in die vlaktes van die groot Karoo.
20:30 Gotham (M-Net): Van dieselfde kreatiewe span wat Rome gemaak het, kom die verhaal van Gotham City en sy mense.
20:30 Vlug na Egipte (kykNET): Die Karoliete tref begrafnisreëlings, al sukkel hulle om sin te maak van die tragedie. Sanna lap Hennie se geheim uit, en Tony stel voorwaardes aan Hennie vir sy seuns se besoek wat sy verhouding met hulle kan benadeel. Rooikappie sukkel om vrede met Meester se gees te maak toe nog iets met Lena gebeur, en Charles dryf Sanna tot breekpunt oor Meester. Dot word aangerand in haar winkel, en Giel se volgende plannetjie begin vorm aanneem.
20:30 Nikita (SABC3): ’n Skelm sluipmoordenaar keer terug om wraak te neem teen die organisasie wat haar opgelei het.
22:30 Elementary (M-Net): Johnny Lee Miller en Lucy Liu vertolk die rolle van die moderne Sherlock en Watson.