Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Man brand toe iPhone 5C in sy sak ontplof

$
0
0

’n Man het derdegraadse brandwonde opgedoen toe sy iPhone 5C tydens ’n familielid se waak in sy sak ontplof het.

Erik Johnson van Long Island, New York, sê hy het gebuk om sleutels op te tel toe hy ’n plofgeluid hoor en sy broek daarna begin brand.

Hy vertel: “My been het begin brand. Ek moes my langbroek uitpluk. ’n Paar mense het gesê hulle kon my lyf ruik brand. Dit het gevoel soos wanneer jy ’n bul brandmerk.”

Hy is 10 dae lank by ’n brandeenheid behandel nadat die selfoon deur sy broek gesmelt en aan sy vel gekleef het. Verpleegsters moet nou twee keer per dag die verbande op die groot wond aan sy bobeen omruil.

’n Selfoon kan weens ’n beskadigde stroombaanpaneel ontplof of as die verkeerde laaier gebruik word. Erik sê dit was nie met hom die geval nie en hy dagvaar Apple nou.

Apple het nog nie op die bewerings gereageer nie.


 
Bronne: WABC TV New York, Daily Mirror, CNET,


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>