Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Hou so jou oë gesond

$
0
0

Baie mense moet weens hul beroep die grootste deel van die dag die een of ander skerm dophou, of dit nou dié van ’n televisiestel, ’n rekenaar of ’n slimfoon is.

Ongelukkig beskadig dit jou oë wanneer jy baie na hierdie tegnologiese toestelle staar. Dit kan ook lei tot probleme soos moegheid, droë oë en selfs bysiendheid.

David Allamby, ’n vooraanstaande laser-oogchirurg en stigter van die Focus Clinics in Londen in die Verenigde Koninkryk, het onlangs aangevoer die getal bysiende mense kan met ’n allemintige 50 persent styg. Hy het ook opgemerk hoe meer die mense na skerms staar, hoe meer kla hulle oor probleme met hul oë.

Hier is sy wenke om jou oë te beskerm, al werk jy ook hoe hard:

  • Probeer van aangesig tot aangesig met jou kollegas gesels, pleks van per e-pos. As jy te lank op ’n skerm fokus, knip jy jou oë minder en dan word hulle minder vogtig. Hoe langer jy staar, hoe meer verdamp die trane. As jy dus opstaan en met jou kollegas gaan gesels, sal jy jou oë meer gereeld knip en hulle dus beter bevogtig.
  • As jy op jou eie werk en daar is min of geen mense om mee te praat nie, kan jy die 20-20-20-reël volg. David raai mense aan om elke 20 minute weg te kyk van hul werk af en 20 sekondes lank te fokus op iets wat 20 voet (sowat 6 m) van hulle af is. Dan kry jou oë ’n kans gee om te ontspan en sal ook hul sterkte toets. “As jy wegkyk van jou rekenaarskerm en in die verte staar, kry jou oogspier kans om te rus,” het hy aan Mail Online verduidelik. “Dit behoort moegheid en droogheid te voorkom.” David stel voor dat jy iewers ’n nota ter herinnering opplak waar jy dit nie kan miskyk nie.
  • Vars lug help ook altyd. Selfs net 10 minute se stap in jou etensuur kan help sorg vir afwisseling en sodoende verfris jy jou oë. Daglig sal jou ook wakkerder help voel, want sommige werkplekke is óf donkerder óf daar is meer lig as wat natuurlik is. “Daglig is die beste soort lig om bysiendheid te voorkom. Dit is die enigste beproefde manier om bysiendheid te voorkom,” sê David. Selfs swak sonlig help. As jy die blindings in jou werkplek oopgeskuif hou sodat die lig kan insypel, kan dit ook ’n verskil maak.
  • Jou eetgewoontes kan ook voordele inhou. Omega-3- en omega-6-vetsure hou jou liggaam gesond en ’n gebrek hieraan sal daartoe lei dat jou oë droog word. Vis is ’n uitstekende bron van omega-3-vetsure en al eet jy net twee keer per week soesji, sal dit al help. As jy nie van seekos hou nie, kan jy altyd vlassaadolie op die proef stel.

© Cover Media

 

 


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>