Die hoender kan selfs oornag in die yskas in die karringmelk gehou word – dit sal dan nog sagter en sappiger word.
GENOEG VIR 4 MENSE
Bereiding: 15 min.
Marineer: 45 min.
Gaarmaak: 45 min.
PEKELMENGSEL
60 ml (¼ k) fyn sout
100 ml bruinsuiker
1 knoffelhuisie, gekneus
250 ml (1 k) water
500 ml (2 k) yswater
HOENDER
4-6 hoenderporsies
250 ml (1 k) karringmelk
olie vir diepvetbraai
MEELMENGSEL
500 ml (2 k) meel
5 ml (1 t) bakpoeier
5 ml (1 t) sout
10 ml (2 t) paprika
10 ml (2 t) knoffelpoeier
Voorverhit die oond tot 180 °C. Plaas ’n draadrakkie op ’n bakplaat en bespuit met kossproei.
- Pekelmengsel Verhit al die bestanddele saam met die water in ’n kastrolletjie tot die suiker opgelos is. Giet in ’n marineerbak en giet die yswater by.
- Hoender Plaas die hoender in die marineerbak en laat 45 min. marineer. Haal die hoender uit die pekelmengsel en giet die karringmelk oor.
- Meelmengsel Meng al die bestanddele goed en doop die hoender een vir een in die mengsel.
- Braai die hoender in sarsies in verhitte olie tot goudbruin. Dreineer op kombuispapier. Pak op die bereide draadrakkie en rooster 35-40 min. of tot gaar.
- Sit die hoender voor saam met soet brandrissiesous.