’n Hond wat vasgesit het op ’n afgrond nadat hy ’n eekhoring gejaag het, is deur dapper brandweerpersoneel gered.
Die arme vierpoot het behoorlik vasgesit in ‘n skeur in die die byna vertikale afgrond langs ‘n hoofweg in Kalifornië.
Brandweermanne is na die toneel ontbied om die dier te help wat sigbaar was waar hy op die rand van die skeur gestaan het.
Die verkeer op die hoofweg onder die afgrond is gestop terwyl die reddingspoging aan die gang was. Dit het die mans toegelaat om die hond te paai om uit te kom. Die dier is na veiligheid gedra.
Die mans en die hond, Smokey, is toe na die grond laat sak, waar die dier en sy bekommerde eienaar herenig is.
Gelukkig is niemand in die voorval beseer nie en Smokey was volgens beriggewing gou weer sy ou self.