Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Seldsame fobie maak seuns bang vir grootword

$
0
0

Het baie van ons nie al gewens om, soos Peter Pan, nooit groot te word nie? Maar wat kan jy nou eintlik daaraan doen? Dit is iets wat gebeur, kom wat wil. ’n Tiener van Mexiko het so sterk daaroor gevoel dat hy nie wil grootword nie, hy het ophou eet en doelbewus in ’n hoër stemtoon gepraat.

Die seun (14) ly aan ’n seldsame fobie vir grootword, ’n sielkundige toestand waarvan daar nog net drie aangemelde gevalle was. Die seun is ook die eerste tiener by wie dit gediagnoseer is.

Die fobie, genaamd geraskofobie, is die akute vrees vir grootword omdat die lyer glo dat volwasse wees beteken jy het ’n groter kans om siek te word en dood te gaan. Hierdie gevoel is oorweldigend; daarom probeer hulle veroudering teenwerk.

Die seun se fobie het op 11 begin. Hy het besef dat die voedingstof in voedsel sy liggaam help groei; toe het hy stelselmatig ál minder begin eet. Hy het ook gebukkend geloop om sy ware lengte te versteek.

Dokters meen die seun se ma het hierdie vreemde gedrag aangehelp deur hom te paai, slaapliedjies vir hom te sing en sy klere elke dag uit te sit.

Navorsers skryf die toestand toe aan ’n mengsel van biologiese, psigologiese en omgewingsfaktore. Diagnose is ingewikkeld, veral omdat die onderliggende probleme eers uitgeken moet word.

Die seun kry nou behandeling en sy toestand het verbeter. Hy loop al regop, praat in sy normale stem en het 6 kg aangesit.

“Hy kan al ’n toekoms vir homself voorstel, maar voel steeds angstig oor die verantwoordelikheid van volwasse wees,” het een van sy dokters gesê.

Bronne: Yahoo News; Daily Mail

 

 


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>