Die grootste aanlyn sosiale netwerk ter wêreld het gister gesê dit laat gebruikers nou iemand kies wat hul rekening ná hul dood kan bestuur. Voorheen is die rekening nadoods gesluit sodat niemand daarop kon aanteken nie.
Maar Facebook sê sy gebruikers wou ’n groter keuse hê. In Amerika kan Facebook-gebruikers nou ’n “nalatenskapskontak” kies om ná hul dood plasings op hul blad te maak, op nuwe vriendskapsversoeke te reageer of hul profiel- en dekfoto te verander. Gebruikers kan ook hul rekening ná hul dood laat uitvee, wat nie voorheen moontlik was nie.
As jy wil hê iemand moet jou rekening ná jou dood bestuur, klik op die onderstebo driehoek in die hoek regs bo op jou blad. Maak “settings” oop en soek “security”. Amerikaanse gebruikers sal die keuse hê om hul nalatenskapskontak by te werk, wat ’n Facebook-gebruiker moet wees. Maar jy hoef nie iemand anders te kies om jou rekening te bestuur nie. Jy kan ook ’n kassie merk om jou rekening permanent te laat uivee wanneer jy doodgaan.
Die mens wat jy kies om jou rekening te bestuur, sal nie van jou keuse verwittig word nie tot jou Facebook-rekening ná jou dood gesluit word. Maar jyself kan hulle daaroor inlig. Facebook sê hulle sal jou jaarliks herinner wie jy gekies het; dit kan help as die mens wat jy gekies het voor jou sterf of jul vriendskap mettertyd verflou.
As jy jou kontak bykomende toestemming gee, sal hulle ná jou dood jou foto’s, plasings en profielinligting kan aflaai en bewaar.
As jy jou kontak bykomende toestemming gee, sal hulle ná jou dood jou foto’s, plasings en profielinligting kan aflaai en bewaar. Hulle sal nie tot jou privaat boodskappe kan toegang kry nie. Hulle sal hul eie Facebook-aantekeninligting moet gebruik om by jou rekening aan te teken. Hulle sal nie as jy kan aanteken nie.
Facebook-rekeninge word nadoods gesluit op versoek van geliefdes, wat moet kan bewys lewer van die gebruiker se dood, soos met ’n doodsberig. Facebook probeer voorkom dat die rekening van die oorlede gebruiker duik as ’n voorgestelde vriend op of op ander maniere wat die afgestorwene se geliefdes kan ontstel.
Facebook, wat bykans 1,4 biljoen gebruikers het, wil nie sê hoeveel rekeninge al nadoods gesluit is nie. Maar die onderneming se produkbestuurder, Vanessa Callison-Burch, sê daar was al “honderdduidende” versoeke van geliefdes om dit te doen.
Ander internetondernemings bied ook maniere om jou rekening nadoods te bestuur. Op Google laat kies die hulpmiddel “inactive account manager” jou of jy jou data ná drie, ses of 12 maande van onaktiwiteit uitgevee wil hê. Of jy kan iemand, soos ’n ouer of lewensmaat, kies om die data te ontvang. Die hulpmiddel dek nie net e-pos nie, maar ook ander Google-dienste soos Google Plus, YouTube en Blogger.
Twitter sal jou rekening deaktiveer as ’n familielid of iemand wat gemagtig is om namens jou boedel op te tree hulle nader – nadat hulle nie net bevestig het jy is dood nie, maar ook dat die Twitter-rekening joune is, want baie mense gebruik nie hul volle naam op die webtuiste nie.