Ons bring die grootste gedeelte van ons volwasse lewe by die werk deur, maar tydens ’n onlangse opname is daar bevind dat die uitwerking wat ons werk op ons uitoefen, ander aspekte van ons lewe – veral ons gesondheid –beïnvloed.
↧
Ons bring die grootste gedeelte van ons volwasse lewe by die werk deur, maar tydens ’n onlangse opname is daar bevind dat die uitwerking wat ons werk op ons uitoefen, ander aspekte van ons lewe – veral ons gesondheid –beïnvloed.
Volgens die Britse Hartstigting voel baie mense dat omstandighede by die werk die oorsaak is van hulle swak eetgewoontes en ook van die feit dat hulle meer rook en drink. Hulle kry boonop nie genoeg oefening nie. Tydens die opname is bevind dat 40 persent van die mense voel dat hul werk die afgelope vyf jaar ’n negatiewe uitwerking op hul gesondheid gehad het. Stres het ook ’n faktor geword, want meer as die helfte van die mense wat ondervra is, het beweer dat hul werk stres veroorsaak.
Lang werkure is geblameer vir ’n swak dieet en vir die uitstel van besoeke aan die gimnasium. 43 persent van die mense het gesê dat hul beroep die rede is hoekom hulle minder oefen.
Dit het ook tydens die ondersoek aan die lig gekom dat 60 persent van werkers oortyd werk sonder enige ekstra vergoeding – ongeveer twee mense uit tien werk elke week langer as vyf ure oortyd.
‘Lang werkure is geblameer vir ’n swak dieet en vir die uitstel van besoeke aan die gimnasium.’
“Hierdie opname is ’n direkte aanmaning ten opsigte van presies dít wat kan gebeur as ons nie ons gesondheid by die werk ernstig genoeg opneem nie,” het Lisa Young van die Britse Hartstigting gesê. “Miljoene mense beweer dat hulle meer rook, minder oefen en gewig aansit omdat hulle nie die impak van hulle werk op hul gesondheid en geluk in ag neem nie. Hierdie soort optrede kan uiters skadelik wees – nie slegs vir die gesondheid van jou hart nie, maar ook vir dié van die sakewêreld.”
Young het bygevoeg dat werksdruk die rede is waarom werknemers hulle oor hul gesondheid vorentoe bekommer. 29 persent vrees dat dit tot hoë bloeddruk kan lei en 21 persent bekommer hulle oor ’n moontlike hartaanval of hartsiekte.
“Aangesien ons met meer as 9,500 organisasies werk, is ons daarvan oortuig dat, as sakeondernemings gesondheid by die werkplek hul hoogste prioriteit maak, die byvoordele te groot is om geïgnoreer te word,” het sy bygevoeg. “Geringe maatreëls kan ’n groot verskil aan jou gesondheid maak. Gedurende hierdie Maand van die Hart werk ons saam met organisasies van oor die hele VK om werknemers aan te moedig om eke dag tien minute aan positiewe veranderings te bestee. Dit kan hul gesondheid lewenslank baat.“
© Cover Media